KYK: Rassie kap blasers in uur lange skokvideo
Leeus-toer
Tinus van Staden – In 'n ongekende skuif het Rassie Erasmus, Suid-Afrika se direkteur van rugby, 'n uur lange video opgeneem waarin hy die beslissings van die wedstrydbeamptes in die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus ontleed en bevraagteken.
Dié video, waarin veral die Aussie-blaser Nic Berry deurloop, is Donderdag deur 'n gebruiker genaamd JJ op die platform Vimeo gedeel.
In die video ontleed Erasmus 26 videogrepe, waarin hy onbestendige beslissings uitwys, en sê dit lyk of die wedstrydbeamptes minder respek vir die Springbokke as vir die Leeus het.
Dit lyk of Erasmus self nie weet vir wie die video bedoel is nie, al spreek hy Joel Jutge, Wêreldrugby se hoof van wedstrydbeamptes, gereeld aan. Later in die video spreek hy wel ook SuperSport aan.
Erasmus het duidelik geweet dat dié video hom in die sop kan laat beland, sou dit rugbaar raak.
“As dit beteken dat die Springbokke in die moeilikheid gaan kom, is dit reg. Ek sal sê ek het dit in isolasie gedoen, dit is ek persoonlik wat dit gedoen het, nie SA Rugby of die Springbokke nie,” sê hy.
“Ek glo aan regverdigheid en dat albei spanne 'n regverdige kans in die wedstryd moet hê. Ek sê glad nie die skeidsregter was 'n verneuker nie.
“Ek sê net ons het Sondagaand klarigheid gesoek, maar dit eers Dinsdag gekry. Ek is nie oortuig deur die klarigheid wat ons van Nic Berry gekry het nie.
“Ek het voorheen al die fout gemaak deur goed in die openbaar oor skeidsregters te sê. Dit kom spook gewoonlik later by jou.
“Maar in dié geval kom die Leeus net een keer elke 12 jaar. Ek glo die stryd moet regverdig wees en as dít beteken dat ek moet wegstap vir die laaste twee toetse (omdat Wêreldrugby hom dalk sal straf), is dit oukei.”
Die skakel na die video: https://youtu.be/epFrwtfXF64
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie