KYK: Paralimpiërs spoor minister aan
Sport vir gestremdes
Andrew Poolman
“Alles is moontlik. Niks is onmoontlik nie. Dit het ons in Rio de Janeiro gesien. Moenie jul gestremde kinders wegsteek nie. Laat hulle ’n sportkode vind waarin hulle ons land in 2020 Spele in Japan kan verteenwoordig.”
So het minister Jerry Ekandjo herhaaldelik gesê toe hy saam met die Namibiese span eergisteraand van die 2016 Paralimpiese Spele teruggekeer het. ’n Entoesiastiese groep ondersteuners het die groep op die lughawe verwelkom.
Ekandjo het verwys na selfs die mees gestremde mense denkbaar, wat oor geen ledemate beskik nie, maar wat hulself nogtans in die swembad uitleef. Of die hoogspringers van wie een been bo die knie geamputeer is.
“Ouers met gestremde kinders moet hulle op dieselfde manier as ander kinders behandel. Dit is verkeerd en onmenslik om gestremde kinders net op die voorgrond te bring wanneer jy ’n toelaag van die regering wil eis.
“Moet hulle nie grootmaak om skaam te wees nie. Moedig hulle aan dat hulle ook die volgende Johanna Benson, Ananias Shikongo en Johannes Nambala kan word.”
Die minister het daarop aangedring dat Namibië oor vier jaar van nou ’n totaal van 200 gestremde atlete na die volgende Paralimpiese Spele in Tokio kan stuur. Nege atlete het die land vanjaar verteenwoordig en het met vyf medaljes (die meeste nóg) teruggekeer.
“Ons kan ook ’n les leer by die Chinese, wat inskrywings in elke sportkode denkbaar het. Daar is meer opsies in sport as net baanatletiek.”
BELONING
Nadat die span laat Woensdagaand teruggekeer het, het ’n vol program gister op die atlete gewag. Daar was onder meer ’n parade deur Windhoek se strate om in die openbaar hulde aan onder andere die medalje-helde Johannes Nambala (twee silwers) en Ananias Shikongo (goud en twee brons) te bring.
By ’n seremonie by die UN Plaza in Katutura het adjunkminister Agnes Tjongarero gesê die regering moet nog ’n besluit neem hoe die nuutste presteerders beloon gaan word.
“Julle het gewys dat gestremdheid nie beteken dat enigiemand mag dink jy is tot niks in staat nie.”
Die Namibiese Paralimpiese span het gister selfs ’n draai in die parlement gaan maak om aan die regeringslui voorgestel te word. – Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie