KYK: Jonty kan steeds vlieg
Krieket
Hy het op 51 steeds vlerke. Die voormalige Protea-krieketspeler Jonty Rhodes, bekend as ’n uitstekende veldwerker in sy speeldae, het met ’n oefening van die Kings XI Punjab gewys hy kan nog “vlieg’’ as dit moet.
Rhodes het die jonges tydens ’n veldwerk-oefening gewys hoe dit gedoen word en dat hy nog oor al sy briljante vaardighede beskik, al het die jare aangestap.
Die Kings XI Punjab het ’n beeldgreep daarvan op Twitter geplaas en gevra wie so ’n vangskoot kan neem.
Rhodes, veldwerkafrigter van die span, het bygeskryf hoewel hy steeds kan “vlieg op 51, die landing ’n bietjie hobbelrig was”.
Die Kings XI Punjab begin hul aanslag in die Indiese Premierliga Sondag in Dubai teen hul voormalige kaptein, Ravichandran Ashwin, wat nou vir die Delhi Capitals speel.
Die naaste wat die Kings XI Punjab aan die titel kon kom, was in 2014, toe hulle ’n finalis was.
Rhodes het voorheen glorie saam met die Mumbai Indians gesmaak. Rhodes is onlangs as Swede se nuwe hoofafrigter aangewys.
Die Kings XI Punjab was verlede jaar sesde in die liga.
KL Rahul sal nou die span aanvoer.
David Miller, wat voorheen vir hulle gespeel het, is nou by die Rajasthan Royals, maar hulle kan op mokermanne soos Chris Gayle en Glenn Maxwell steun. – Netwerk24, crickettimes.com
KYK:
https://twitter.com/lionsdenkxip/status/1305348042522943488

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie