Kwu00eala Dorp van die Jaar: Swakopmund breek rekord
Kwu00eala Dorp van die Jaar: Swakopmund breek rekord

Kwêla Dorp van die Jaar: Swakopmund breek rekord

Tanja Bause
Swakopmund is die tweede Namibiese kusdorp wat as die kykNET-program Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys is.

In 2016 het Hentiesbaai met dié louere weggestap.

Swakopmund het omtrent stof in die oë van Dullstroom en Stilbaai geskop deur vir die eerste keer in die reeks se geskiedenis dubbel soveel SMS-stemme as sy twee mededingers te verwerf.

Kwêla se produksiespan gaan ’n advertensie van 45 sekondes vir dié dorp maak, en dit sal ook gebruik word vir die lugtyd van N$1 miljoen wat Swakopmund vir die bemarking van die dorp ontvang.

Later vanjaar word ’n groot KIA Dorp van die Jaar-makietie op Swakopmund gehou.

Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer