Kwarantyn
Teen die tyd is almal seker al op om van coronastories te hoor en te lees.
Tog is daar nog baie van ons wat net nie gehoor gee aan die maatreëls wat ingestel is om die virus te bekamp en ook te beveg nie.
Ons dra nie maskers nie en handhaaf ook nie sosiale afstande nie.
Soos dit maar die gewoonte is, leer baie van ons net op die swaar manier en wil graag sien voor ons glo.
Die harde waarheid en die gevolge van die virus het vir my soos ’n hamerhou teen die kop getref.
Daar is die gesegde dat solank iets ver van jou plaasvind, het jy nie “worries” nie, want dit raak jou mos nie direk aan nie.
Vir baie was dit ’n soortgelyke geval met die koms van die coronavirus.
Eers was dit iets wat daar ver aan die gebeur was en ons het saam gegrap daaroor. Toe skielik het die ding op ons eie bodem kom kop uitsteek.
Eensklaps tref dit ons omgewing en nou is ons eie gemeenskappe in die spervuur.
In die stadium is Walvisbaai die episentrum (?’n situasie wat stadig maar seker besig is om te verander) van die vreesaanjaende virus en mense na aan ons en wie ons ken se dood word nou daaraan toegeskryf.
’n Tydjie gelede was ek in kontak met iemand wat ’n paar dae later as gevolg van die virus op ’n hospitaalbed beswyk het.
Sy doodstyding het my onkant gevang en die gevaarligte het onmiddellik vir my begin flikker. My gedagtes het wye draaie met my begin loop.
Ek het paranoïes geraak. Het hy my aangesteek? Is ek positief en wat staan my te doen, was van die vrae waarvoor ek antwoorde moes kry.
Enige hoes, proes of ’n bietjie warmte op my voorkop het my sommer koorsig laat word.
Ek is na die dokter wat my geadviseer het om in selfisolasie vir 14 dae te gaan.
“Dit help nie ons toets jou nou nie. Jou resultaat kan ’n fopnegatief wees. Wees op die uitkyk vir kort van asem raak, moeilikheid met jou asemhaling, aanhoudende koors vir ’n paar dae en liggaamlikke swakheid. Ek skryf vir jou vitamienbruistablette voor. Kom onmiddellik terug sodra jy enige van die simptome ondervind. Dit is eindelik maar net ’n meer ernstige vorm van die gewone griep,” het sy my gerusgestel.
My ma kon nie my skielike wegbly verstaan nie. Van my kollegas het ook begin wonder wat aangaan.
Tog het die lewe nie vir my tot stilstand gekom of vir my gewag toe ek in isolasie was nie. In teendeel het die wysers op die klok aanhou tik en kon ek werk en produktief wees.
Die alleen wees het my eindelik ook tyd gegee om te besin oor baie dinge soos wanneer die staatsinstellings en ook politici hulle salarisse gaan aanpas soos dit die gebruik geword het vir baie besighede in die tyd van corona.
Ná twee weke van isolasie en nou baie meer bewus sowel as versigtiger, kon ek gelukkig weer my regmatige plek in die samelewing op eien en die lewenstryd met baie meer waardering aansê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie