Kwaai stryd tussen Trump en Pelosi begin
Kwaai stryd tussen Trump en Pelosi begin

Kwaai stryd tussen Trump en Pelosi begin

Pres. Donald Trump en die speaker van die huis van verteenwoordigers, Nancy Pelosi, het Vrydag vergader om die muur op die Mexikaanse grens te bespreek.
’n Epiese stryd tussen die twee magtigste mense in Washington, die Amerikaanse hoofstad, het begin: pres. Donald Trump teen Nancy Pelosi, speaker in die huis van verteenwoordigers.

Trump is ’n konserwatiewe Republikein. Pelosi is ’n liberale Demokraat.

Trump is 72 jaar oud en Pelosi 78.

Trump is twee jaar gelede toe hy president geword het die eerste keer tot ’n politieke amp verkies. Pelosi het pas met haar 17de termyn as ’n lid van die huis van verteenwoordigers begin.

Die twee het Vrydagoggend (Amerikaanse tyd) die eerste keer as president en speaker in die Withuis ontmoet om die eerste groot struikelblok tussen hulle – die muur wat Trump op die Mexikaanse grens wil laat bou en waarvoor hy $5 miljard wil hê – uit die weg te ruim.

Pelosi en die Demokrate skop viervoet vas hieroor.

Daar word gegis dat die Demokrate binnekort kan begin met ’n proses om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Die nuwe speaker, wat van 2007 tot 2011 ook dié pos beklee het, het ná haar inhuldiging Donderdag op ’n mediakonferensie dit duidelik gemaak dat haar party nie gehoor sal gee aan Trump se versoek nie.

Daar word gegis dat die Demokrate binnekort kan begin met ’n proses om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Pelosi het oor dié moontlikheid in ’n onderhoud met die TV-netwerk NBC gesê dit is ’n ope vraag of ’n (president) aangekla kan word. Sy het die moontlikheid nie uitgesluit nie.

CNN berig die twee het uiteenlopende persoonlikhede en dit is kwalik denkbaar dat hulle in die komende weke ’n vertrouensverhouding sal opbou.

“Pelosi is al van jongs af ’n politikus. Trump het sy groot verkiesingsukses te danke aan die feit dat hy nie ’n politikus is nie.”

Pelosi was ook die speaker toe George W. Bush (soos Trump ’n Republikein) president was. Hoewel daar baie verskille (onder meer oor die Irak-oorlog) tussen Pelosi en Bush was, het hulle ’n goeie persoonlike verhouding gehad.

Dié gemeenskaplike respek was van kritieke belang om die VSA deur die finansiële krisis van 2008 te stuur.

Dan Meyer, ’n voormalige assistentraadgewer van Bush oor wetgewende sake, sê die politieke dinamika van nuwe meerderhede word baie keer bepaal deur die kwessies wat hulle aan die bewind gebring het.

“Daar is ’n verskillende stel kwessies wat gehelp het om die Demokrate aan die bewind te kry, maar die belangrikste is die party se weerstand teen Trump.

“Dit gaan baie moeilik wees om sake nie persoonlik te laat raak nie. Hulle gaan voluit vir Trump gaan,” sê Meyer.

Nadeam Elshami, ’n voormalige personeelhoof van Pelosi, sê Pelosi het politieke mag agter haar. Sy het boonop die vermoë om te verstaan waaroor kwessies gaan en te weet wanneer dinge nie op feite gegrond is nie.

“Sy ken en verstaan hoe die politiek in Washington werk en hoe dit vervleg is.”

Trump is op sy beurt ’n nuweling op die gebied van wetgewing. Hoewel hy vir twee jaar lank ’n Republikeinse monopolie geniet het, was sy onvoorspelbaarheid gereeld tot groot nadeel van die Republikeine.

Pelosi se dogter Alexandra het aan CNN gesê: “Sy sal jou kop afbyt en jy sal nie eens weet jy bloei nie . . .”

Toe The New York Times vir Pelosi gevra het of sy haar as Trump se gelyke beskou, het sy geantwoord: “Die grondwet doen.”

USA Today berig die stryd tussen Trump en Pelosi sal bepaal wat die volgende twee jaar in Washington gebeur. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A