Kwaai droogte het Namibië veral geteister
Die verspreiding van een van die ergste droogtes in 38 jaar word in die seisoen se finale vloedverslag aangedui.
Elvira Hattingh - Die Zambezirivier het vanjaar die laagste piek in die afgelope 24 jaar bereik, terwyl die Okavangorivier die leegste in vyf jaar is.
Terselfdertyd was Namibië die land in Suider-Afrika wat die ergste deur die afgelope droogte geteister is.
Dít volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië se finale vloedverslag vir die huidige reënseisoen.
Die verslag is die afgelope Woensdag uitgereik.
Hiervolgens was die 2018-’19-droogte een van die kwaaiste die afgelope 38 jaar, veral in die sentrale en westelike dele van Suider-Afrika.
Die verslag dui verder aan watervlakke in Namibië se standhoudende riviere was baie laag en bly op ondernormale vlakke, en geen sterk vloede het in die afgelope reënseisoen in die meeste Namibiese riviere voorgekom nie.
Die seisoenale riviere in lishana het ook geen vloei gehad nie en die meeste daarvan het in die reënseisoen heeltemal droog gebly.
LEË RIVIERE
Die Zambezirivier het vanjaar op 25 April op sy diepste die 2,4 m-merk by Katima Mulilo bereik – die laagste piek die afgelope 24 jaar. Dié magtige rivier het al vantevore ‘n rekordhoogte van 8,16 m bereik, maar loop tans net sowat 59 cm diep.
Dit is baie naby aan sy rekordlaagte van 20 cm en ook minder as verlede jaar dieselfde tyd toe dit nog sowat 2,89 m diep gevloei het.
Terselfdertyd is die Okavangorivier ook tans die leegste in vyf jaar. Dit het teen 26 Februarie die hoogste vlak van 5,16 m by Rundu bereik, maar vloei tans net 3,93 m diep. Verlede jaar dieselfde tyd het dit 4,45 m diep gevloei.
NamPower sê die Kunenerivier het op 31 Mei op sy sterkste teen 227,8 m/s by Ruacana verbygevloei. Tans vloei dit teen sowat 62,5 m/s in vergelyking met verlede jaar dieselfde tyd toe dit teen 101,3 m/s gevloei het.
Die Oranjerivier se vlakke was 1,08 m op sy diepste by Blouputs, maar die rivier se vloei is afhanklik van hoeveel water uit stroomop damme gelaat word. Tans loop dit 0,34 m diep by Blouputs, vergeleke met verlede jaar se 0,63 m.
DROOGTE KOM WYD VOOR
Die vloedbulletin dui op ‘n landkaart aan die droogte het hoofsaaklik oor die groter Namibië voorgekom, asook oor die suidelike en meer sentrale dele van Angola en suidelike Zambië.
Die groter noordwestelike dele van Botswana en kolle in Suid-Afrika is ook deur die droogte geraak.
Sommige dele in Mosambiek aan die noordelike punt van Madagaskar, asook groter dele in die Demokratiese Republiek die Kongo het weer van hul natste seisoene in 38 jaar beleef.
Dienooreenkomstig sê die verslag dat die totale hoeveelheid water wat tans in die land se damme oor is, die laagste in vyf jaar is.
Verlede jaar was alle nasionale damme gemiddeld 47,8% vol, en tans staan dit op 30,8%.
In 2017 het dit op 65,8% gestaan.
Die damverslag sê ook die meeste damme het geen invloei van water sedert die begin van die reënseisoen gehad nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie