Kus se oorde is pure plesier
In teenstelling met vorige jare, gaan alles klopdisselboom by kampeeroorde aan die kus.
Des Erasmus - Dit gaan goed, baie goed, by die kampeergebiede van Myl 108, Myl 72, Jakaklsputz en Myl 14 (Windpomp 14) langs die sentrale kus.
Van vandag tot selfs ná Nuwejaar stoot die gewilde oorde vol met net enkele plekke wat as gevolg van kansellasies nog beskikbaar is.
Simen Andersen van Hentiesbaai en ‘n bestuurslid van die Namibiese Hengelunie het van Myl 108 laat weet alles is piekfyn waar hy en sy geselskap van die geriewe gebruik maak. Met kampeerders se koms word hul besprekings bevestig en op staanplekke ooreengekom.
Die grootste verrassing is die kampwinkel met alles wat ‘n kampeerder nodig het. Vir die kleinspan en die vrouegeslag is daar skyfies en sjokolade en vir hardebaarde is daar ‘n verskeidenheid vir die dors. Van die voorraad wat Simen in die winkel noem, is visaas, vleisbraaihout, spanspekke en waatlemoene en feitlik enigiets wat by die huis vergeet is.
By die staanplekke is die grond gelyk gemaak en gehark, die braaiplekke is skoon. Slote is toegegooi en oortollige klippe is weggery. Volgens hom is die spoeltoilette skoon en is van die ou putstelsel afskeid geneem. Alles word elke dag skoongemaak.
By die storthokkies ontstaan wel rye, maar die skoonmakers sorg dat die storthokkies skoon bly met warm water wat deurlopend beskikbaar is. Hy noem net die voorname van die kampowerstes wat sorg dat die orde deurlopend gehandhaaf word - Rose, Antoinette en Edmund.
Kampeerders is ook opgewonde oor moontlike uitbreidings wat nog in die nuwe jaar kan kom.
Die heerlike ontspanning word aangevul met goeie vangste wat die afgelope dae in die rigting van die wrak van die Winston behaal is. Net suid van Myl 108 is galjoenjvangste ook by Myl 107 behaal. Die vangplekke van Myl 107 is binne loopafstand van die kampeergebied.
Die konsessiehouer oor Myl 108 is ook die konsessiehouer oor Myl 72 en Jakkalsputz.
Oor Windpomp 14, die ou Myl 14, het Kobus Struwig namens die konsessiehouers gesê die kampeergebied is tot ná Nuwejaar vol. Onder die kampeerders is baie Suid-Afrikaners wat hoog in hul skik is met die geriewe. Die restaurant van Windpomp 14 is die Desemberseisoen groter as verlede jaar toe ‘n groot toeloop dit regverdig het. Maar steeds is die restaurant elke middag stampvol met veral seekos wat gewild is.
Saterdag tree Leon Jacobs weer as genooide kunstenaar in die restaurant op.
Myl 14 het vanjaar ook sy eie hengelkompetisie. Die hengelaar wat in die Desemberseisoen die grootste vis daar inweeg, sal met NM$2 000 beloon word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie