‘Kunswerk’ van ’n diamant vir US$34 miljoen verkoop
Elvira Wood
Die Art de Grisogono – die grootste gleslose geslypte diamant ter wêreld – is Dinsdag in Genève, Switserland, vir US$34 miljoen verkoop.
Bloomberg berig dit is US$25 miljoen meer as wat Christie’s, die afslaer, gemeen het die diamant sou haal.
Die steen is die grootste in sy soort wat nog opgeveil is.
Die juweliersfirma de Grisogono het die knewel van 163 karaat in ’n reghoekige smarag-vorm geslyp en bestempel dit as ’n “weergalose kunswerk”.
Dit kan aan ’n halssnoer van diamante en smaragde gehang word.
Die steen was deel van die 4de Fevereiro-diamant. Dié ongeslypte steen van 404 karaat is in Februarie 2016 in die Lulo-myn in Angola gevind. Dit is die grootste diamant wat nog in dié land gemyn is.
’n Span kenners van de Grisogono het die diamant 11 maande lank onder groot geheimhouding gesny en geslyp.
Dit het hulle meer as 1 700 uur geneem.
Christie’s sluit vandag sy veiling in Switserland af.
Hy beoog om ’n pienk diamant vir sowat US$30 miljoen te verkoop.
Luidens Bloomberg hou sy mededinger Sotheby’s die rekord vir die duurste diamant wat nog verkoop is.
Dit was die Pink Star, ’n knewel van 59,6 karaat, wat aan Chow Tai, ’n juwelier in Hongkong verkoop is.
Die juwelier het US$71 miljoen vir dié steen betaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie