Kuns leer kinders krities dink
Fesmedia Africa het op Wêrelddag vir die Reg op Inligting en ook die Dag van die Namibiese Kind ‘n spesiale kunswerkwinkel vir kinders in die Havana- informele nedersetting in Windhoek aangebied. Die kinders het danksy die werkwinkel speel-speel geleer hoe belangrik die reg op inligting is en hoe dié reg hul private lewens raak. Die doel was om openbare bewustheid te kweek van die noodsaaklike rol wat vryheid van inligting in die lewens van kinders en jongmense speel. Volgens fesmedia help teken en skilder om vaardighede te kweek soos interpretasie en kritiese denke en ook hoe om besluite gebaseer op visuele inligting te neem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie