Kunenerivier in vloed
Kunenerivier in vloed

Kunenerivier in vloed

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Met die Kunenerivier wat in vloed is en sy walle oorstroom het, is verskeie lodges en kampeerterreine langs die rivier gesluit en sommige paaie is onbegaanbaar.

Kunene River Lodge en Omujandi-ruskamp langs die Kunenerivier het oorstroom en bevestig dat hulle vir gaste gesluit is.

Die Ruacana-waterval word tans beskryf as 'n waterskouspel. Me. Anna-Maré van Schalkwyk van Ruacana-gastehuis op Ruacana het laat weet dat dit steeds op die dorp reën en dat hulle selfs hael gisteraand beleef het.

Die meegaande foto van Johanna Herridge wys hoe erg Omujandi-ruskamp oorstroom is.

Kommentaar

Republikein 2025-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer