Kultuur en Natuur
Kultuur en Natuur

Kultuur en Natuur

Jacqueline Louw
Die John Muafangejo-kunssentrum (JMAC) se uitstalling ARTiculating Kulture & Nature: A new selection from the archive word tans by die JMAC-galery in die Craft Centre in Talstraat uitgestal.
Dit sluit ’n keur van JMAC-oudstudente en -ouddosente se werke in, onder meer kartonafdrukke en skilderye van Ndasuunje Shikongeni, Max Shiimi, Lukas Amakali en Johannes Xoagub.
Die werke verteenwoordig temas wat telkens in kontemporêre Namibiese kuns voorkom, naamlik natuur en kultuur. Elke kunswerk is ’n unieke voorstelling van onderwerpe soos die stryd om oorlewing en die opbou van ’n postkoloniale identiteit.
Hierdie keur van abstrakte sowel as realistiese werke uit die jare 1995 tot 2006, weerspieël ’n kritieke deel van JMAC se geskiedenis. Alle kunswerke wat uitgestal word, is te koop.
Die werke word tot 18 Maart 2016 uitgestal.
Vir verdere navrae, rig ’n e-pos aan Jacques Mushaandja, projekbestuurder, by [email protected] of skakel 061 260 014.

Kommentaar

Republikein 2025-06-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer