Kuier se wiel draai los en vas
DUN BEURSIE SKRYF:
“Toerismebedryf teiken Namibiërs”, bl. 8, Dinsdag 9 Junie, Erongo-blaaie verwys.
Voor Covid 19 was Namibiërs nie goed genoeg vir julle bedryf nie, want dit was so duur dat bitter min Namibiërs dit kon bekostig. As gebore burger van hierdie land kon ek dit net nie bekostig om die pragtige plekke in my eie land te besoek nie, want my beursie was nie dik genoeg nie.
Nou dat die ryk toeriste nie kan kom nie, nou skielik is die locals se geldjies goed genoeg. Volgende jaar wanneer die toeriste weer kan kom, voel julle, soos deur die jare bewys, weer vere vir die locals.
Verstaan my nie verkeerd nie, my hart gaan uit na die werknemers in die toerismebedryf, maar huidiglik kry ons almal swaar.
Die locals was vir baie jare nie goed genoeg nie, nou skielik moet ons help en dan in die nabye toekoms is ons weer nie goed genoeg nie, of hoe?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie