Kuier saam met Vaughn Ahrens onder die sterre
By die tweede Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 9 April plaasvind, sal die bekende plaaslike musikant Vaughn Ahrens op die verhoog te sien wees. Dit sal Ahrens se eerste optrede vir dié konsertreeks wees.
Hy sal snitte, wat nog nie vrygestel is nie, van sy tweede album uitvoer, asook ’n paar snitte uit sy vroeë sangloopbaan.
Die konsert word in die binnehof van die Goethe-Institut Namibia aangebied en begin om 19:00. Toegang is N$20 en daar is ’n beperkte aantal sitplekke beskikbaar vanweë Covid-regulasies. Dié wat eerste opdaag, sal eerste sitplek kry.
Die konsert sal ook regstreeks op die Goethe-Institut Namibia se Facebook-blad uitgesaai word vir diegene met vervoerprobleme of wat verkies om die optrede in die gemak van hul eie huis te kyk.
Besoek www.goethe.de/namibia vir meer inligting oor projekte en dienste wat die Goethe-Institut aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie