Kuberaktiviste kraak glo 32 webtuistes van die regering
Kuberaktiviste kraak glo 32 webtuistes van die regering

Kuberaktiviste kraak glo 32 webtuistes van die regering

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Ten minste 32 webtuistes van die regering is Woensdagmiddag deur vermoedelik kuberaktiviste gekraak wat teen trofeejag of ander omgewingskwessies soos hidrobreking gekant is.
Die kuberaanval is deur ‘n Twitter-gebruiker met die naam Paladin (@VirusSec) aangekondig.
“Dit lyk asof al die geteikende webtuistes op 'n enkele bediener gehuisves word wat aan die kantoor van die eerste minister behoort. Die IP-adres is 154.0.193.133,” sê mnr. Andrew Fordred van Cynetio Cyber Security Solutions.
Lees meer hieroor in môre se Republikein.

Foto: Pixabay

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer