KSA moet dié brandpunte takel

Krieket
Krieket Suid-Afrika (KSA) het miljoene rande se verliese gely nadat die T20 Global League (T20GL) met groot fanfare aangekondig is en toe uitgestel is omdat daar onder meer nie 'n vername uitsaaier gevind kon word nie.

Johann de Jager kyk na van die brandpunte wat in 2018 getakel moet word.

KSA begin die nuwe jaar steeds sonder 'n uitvoerende hoof. Thabang Moroe is as waarnemende uitvoerende hoof aangestel nadat KSA en Haroon Lorgat se paadjies in September geskei het. Lorgat het ná interne woelinge, wat vererger het met sy organisering van die T20GL, ingestem om terug te staan.

Dit is welbekend dat Lorgat en Naasei Appiah, KSA se finansiële hoof, nie om dieselfde vuur gesit het nie. Die maand vantevore was daar gerugte dat Lorgat die trekpas gaan kry. Die wyse waarop hy vir die uitsaairegte van die T20GL onderhandel het, is bevraagteken. Daar was bewerings dat die regte tenderprosedures nie gevolg is nie.

Lorgat het van die bewerings as kwaadwillig afgemaak en bygevoeg diegene wat hom ken, weet hy hou hom nie op met sulke ongerymdhede nie. Die skikking met Lorgat, wat sedert 2013 in die saal was, moet ook nog afgehandel word. KSA moet intussen ook 'n nuwe spanbestuurder en -dokter vir die Proteas aanstel in die plek van Mohammed Moosajee wat tot einde April nog in albei hoedanighede dien.



NASIONALE KONTRAKTE

Nóg Proteas oorweeg dit om hul brood en botter in die buiteland te gaan verdien. Suid-Afrika moes dié seisoen onder andere klaarkom sonder spelers soos Kyle Abbott, Rilee Rossouw en Stiaan van Zyl wat op die Kolpak-roete besluit het.

Betrokkenes sal moet gaan sit en 'n middeweg vind om seker te maak dat Suid-Afrika nie nog spelers verloor nie. Netwerk24 is bewus van 'n geval waar verkondig is dat daar vrugtevolle gesprekke met 'n speler was, waarna die betrokke speler – wat te verstane dit nie openbaar kan maak nie – presies die teenoorgestelde gesê het.

Die memorandum van verstandhouding (MOU) met die spelers rakende hul vergoedingsooreenkoms, wat elke vier jaar te sprake kom, gaan hoeka binnekort weer onder bespreking wees.

Die beheerliggaam en die spelers kan koppe stamp en daar word selfs gevrees dat dit op 'n soortgelyke loongeskil kan uitloop soos wat in Australië gesien is. Die huidige MOU met die spelers verval in April.



T20 GLOBAL LEAGUE

'n Gewigtige taak wag inderdaad op die ringkoppe om dié uitgestelde glanstoernooi in November 2018 van die grond af te kry. Dit was die flater van die jaar toe die eerste T20GL uitgestel is.

Die franchises is met groot fanfare in Londen aangekondig. KSA het selfs joernaliste daarvoor soontoe gevlieg. Die spelerstrekking is gedoen, maar voordat dit ligte, krieket, aksie was, is daar besluit om dit liefs tot die volgende jaar uit te stel.

KSA sê hy het geen finansiële ongerymdhede gevind nie en dat hy finansieel steeds gesond is ondanks die uitstel van die toernooi. Hy sê daar kan rekenskap gegee word van al die geld en daar was geen ongerymdhede of finansiële wanbestuur nie.

Die bevindinge sal intussen deur eksterne ouditeurs nagegaan word. Die uitsaairegte was aan die einde die groot kwessie wat die toernooi gekelder het. KSA hoop nou om Indiese spelers te betrek wat 'n Indiese of ander internasionale uitsaaier kan lok.

KSA het ná onderhandelinge met die Spelersvereniging ingestem om die gekontrakteerde spelers te vergoed en die eerste van hul drie uitbetalings is in Desember gedoen. Die Suid-Afrikaanse spelers gaan hiermee 60% terugkry van die aanvanklike bedrag waarvoor hulle gekontrakteer is.



TALENTPOEL

Met 'n handvol staatmakers wat aan die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2019 die tuig gaan neerlê, is dit belangrik dat waardige plaasvervangers intussen vir hulle gevind moet word.

Jarelange staatmakers soos AB de Villiers, Faf du Plessis, JP Duminy, Dale Steyn, Vernon Philander en Morné Morkel sal oor twee jaar of wat nie meer daar wees nie. KSA het reeds hiermee begin. 'n Juweel of twee is ontdek. Die voorslagbouler Kagiso Rabada is reeds 'n huishoudelike naam.

Die jong aanvangskolwer Aiden Markram het met die intrapslag sy stempel teen Bangladesj en Zimbabwe afgedruk, hoewel die komende reeks teen Indië en Australië 'n beter maatstaf sal wees. Hy word ook as 'n toekomstige Protea-kaptein beskou.

KSA se streng transformasiebeleid het met die plaaslike T20-reeks meegebring dat spanne nie altyd al hulle sterre kon inspan nie. Die Proteas was, nadat die T20GL uitgestel is, almal vir die reeks beskikbaar wat veral die Titans met 'n tameletjie gelaat het.

KSA se plan om “oortollige Proteas” aan ander spanne deur 'n trekking toe te ken, sal ook nie gelate deur die franchises aanvaar word nie.

KSA sal 'n ander plan moet prakseer sodat nasionale spelers sowel as spelers wat hulle op die randjie van insluit bevind, gereeld speel en nie om die beurt op die kantlyn sit nie. Dit sal die gehalte van plaaslike krieket verbeter wat op sy beurt spelers van gehalte vir die toekoms sal oplewer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%