Kry só jou diere skougereed
Skoue is ’n uitstekende advertensiegeleentheid vir telers en die regte voorbereiding is baie belangrik.
Vanjaar is een van die moeilikste jare ooit in die landboubedryf en veel minders telers as voorheen skou hulle diere.
Die skou en vertoon van diere het tradisioneel vir stoettelers ontwikkel in ’n vertoonvenster wat onlosmaaklik ’n integrale deel van ras- en kuddepromosie uitmaak.
Trouens, dit word allerweë beskou as die grootste enkele advertensiepoging wat ’n individuele teler onder beskerming van die betrokke skou- en telersgenootskap kan geniet, om sodoende die teelaspirasies van sy kudde en die betrokke ras bekend te stel.
As jy nie vanjaar by Windhoek Skou of die skoue op een van die ander dorpe diere vertoon het nie, kan hierdie riglyne jou dalk aanspoor om volgende jaar, as toestande in die land verbeter het, wel die spreekwoordelike bul by die horings te pak.
Seleksie van skoudiere
1. Om diere op ’n skou te vertoon is ’n duur onderneming. Dit is daarom noodsaaklik om ’n skouspan vroegtydig uit te soek sodat daar genoeg tyd is vir voeding, opleiding, afronding en algemene voorbereiding.
2. Om uitgawes so laag as moontlik te hou en om steeds ’n kans te staan om soveel blootstelling as moontlik te kry, moet die telers vir soveel as moontlik klasse met die minste diere moontlik inskryf. Dit sluit deelname aan groepsklasse in.
3. Probeer om die eenvormigheid van die skougroep so hoog moontlik te hou. Hierdie aspek is veral van belang vir die groepsklasse. Die gehalte en standaard van die jong diere moet die ouer diere in die skoustring komplementeer.
4. Die seleksie van diere moet baie krities geskied. Ekonomies-funksionele eienskappe moet voorrang geniet bo blote estetiese voorkeure en sentiment. Die stadium van dragtigheid by verse en die TKP, asook die aantal kalwers geproduseer by ouer koeie moet baie duidelik in ag geneem word by die seleksie van diere.
5. Kies die diere wat deelneem aan klasse waar gemete produksie ’n rol speel, baie sorgvuldig en maak seker dokumentêre bewyse van die betrokke prestasies die diere gaan saam skou toe.
Voorbreiding
Dit is belangrik dat daar vroegtydig begin word met die voorbereiding vir die skou.
1. Voeding
a. Voeding gedurende die vroeë stadiums is van uiterse belang. Daar moet gewaak word teen oorvet diere aangesien dit negatief inwerk op produksie en onnodige kostes meebring. Die meeste goeie beoordelaars diskrimineer teen vet diere.
b. ’n Goeie kwaliteit ruvoer in die vorm van lusern- of grashooi moet gevoer word en, veral in die geval van bulle, aangevul word met ’n toepaslike kragvoer.
c. Waak teen te hoë voedingspeile oor kort periodes.
2. Afrigting en hantering
Die beplanning en uitvoering van ’n daaglikse roetineprogram vir die afrigting van die skoustring moet reeds maande voor die beplande skou geskied.
a. Maak die diere haltermak
Verskeie tegnieke kan hier gevolg word. Gewoonlik is dit die mees arbeidsintensiewe fase van die voorbereiding wat heelwat insette en hulp verg en aanvanklik ook baie tyd in beslag neem, afhangende van die
ouderdom van die diere. Van die mees algemene metodes wat gevolg word is om ’n haltermak dier aan ’n “wilde” dier vas te maak vir ’n paar dae of om met behulp van ’n lang tou en ’n halter geleidelik die skuheid van die dier te verminder totdat hy deur een persoon hanteer kan word. Dit is raadsaam om gedurende hierdie stadium reeds die arbeiders te kies wat met liefde en geduld die diere kan hanteer en versorg en wat as hanteerders sal optree.
b. Borsel en roskam
In hierdie tyd moet die diere ook geleer word om, wanneer hulle vasgemaak is in die stal, gewoond te raak aan borsel en roskam. Die geheim hier is om die diere absoluut mak te maak en hulle gewoond te maak aan hantering en behandeling. Dit moet ’n aangename ondervinding vir die diere wees.
c. Roetinehantering
Roetinehantering van die diere elke dag, bv. lei na die waterkrip en gereelde hantering andersins, sal hulle reeds in hierdie stadium so ver mak gemaak het dat daar al aandag gegee kan word aan die aanleer van die skouroetine.
Skouroetine
1. Leer die diere eers om in ’n sirkel te beweeg, gewoonlik van links na regs. Maak egter voorsiening vir uitsonderings en laat hulle af en toe andersom loop.
2. Hanteerders moet geleer word om die dier op die beste wyse moontlik aan die beoordelaar te vertoon. Die dier se kop moet byvoorbeeld nie hang nie en die hanteerder moet altyd die dier tussen homself en die beoordelaar plaas.
3. Diere moet geleer word om te kan stil staan wanneer tot halt gekom word. Hanteerders en diere moet let op die stand van die pote in die regte posisie en om te reageer op ’n ligte trek van die halter.
4. Leer diere om vreemdelinge toe te laat om nader te kom terwyl hulle staan – die meeste beoordelaars benader die diere wat hul beoordeel vir nadere ondersoek.
5. Die gebruik van pootstokke kan ’n handige hulpmidel wees om die diere makliker en gouer tot ’n spesifieke posisie aan te spoor.
6. Aangesien die diere teen hierdie tyd die fynere kunsies sal begin aanleer, kan die diere ook een of twee maal voor die skou gewas word om die haarbedekking te stimuleer.
Ná aankoms by die skou
Dit is belangrik dat die diere so gou moontlik gewoond raak aan hul nuwe omgewing deur:
1. Die diere dadelik en gereeld water te laat drink. In gevalle waar waterkwaliteit drasties verskil kan dit die moeite loon om van die plaaslike drinkwater saam te neem en geleidelik met die vreemde water te meng.
2. Die diere so gou as moontlik te was aangesien hulle as gevolg van die vervoer vanaf die plaas vuil kan wees.
3. Weer die oefeninge waaraan hulle gewoond is te oefen voor die beoordeling om die diere verder gewoond te maak aan die nuwe omgewing.
Die laaste voorbereidings
Ná maande se energie en entoesiasme om die diere op hulle beste te laat vertoon, is daar ook ’n aantal fynere punte waarop gelet moet word:
1. Die diere moet altyd skoon en netjies in die ring wees.
2. Alle uitrusting, byvoorbeeld halters, moet van dieselfde tipe wees en moet skoon wees en netjies vertoon.
3. Die hanteerders moet dieselfde kleredrag of voorgeskrewe kleredrag dra en die klere moet altyd heel, skoon en netjies wees.
4. Stiplikheid gedurende die klasse is uiters belangrik en die vertoner en sy hanteerders moet noukeurig let op die versoeke van die ringgids.
Bron: Beoordelaarshandleiding vir vleisbeeste van die SA Stamboekvereniging

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie