Kry nuutste WhatsApp-funksies voor al jou vriende
Wie hou nou nie daarvan om eerste te wees nie?
Baie slimfoongebruikers is gaande daaroor om te hoor hul gunsteling-app het ’n nuwe weergawe wat hulle kan aflaai. Min weet hulle daardie “nuwe” weergawe van die app is in baie gevalle reeds weke lank beskikbaar aan ’n handjievol mense wat die app en al sy nuwe funksies getoets het.
Dié sogenaamde betaweergawe van die app word vooraf aan ’n sekere groep mense gegee sodat hulle dit kan toets en terugvoering kan gee oor aspekte wat werk en nie werk nie.
Die goeie nuus is dat jy maklik jou naam kan voeg by dié lys van uitgesoekte individue wat eerste toegang tot die jongste weergawe van apps soos WhatsApp kry – voor al die ander gebruikers.
As jy ontevrede is met die weergawe, of die meer stabiele weergawe waartoe almal toegang het, verkies, kan jy enige tyd die betaweergawe verwyder en die stabiele weergawe uit die Google Play-winkel aflaai.
Die toetsprogram is ongelukkig net vir gebruikers met Android-toestelle beskikbaar, aangesien WhatsApp nie aan Apple se betatoetsprogram, Testflight, deelneem nie.
Hoewel dit tegnies moontlik is om die betaweergawe van WhatsApp op iPhones af te laai, is die proses ingewikkeld en dit benodig derdepartyprogrammatuur.
Daarom word dit nie aanbeveel dat gebruikers sonder die nodige tegniese kennis dié proses op Apple-toestelle aanpak nie. - Netwerk24
Kry só WhatsApp eerste:
* Die eerste stap is om na die WhatsApp-betatoetsblad op jou webblaaier (op jou rekenaar of slimfoon) te gaan.
* Maak seker jy is op jou Google-rekening ingeteken en dat jou Android-toestel op dieselfde rekening ingeteken is.
* Op die toetsblad, kies “Become a tester”.
* Die jongste weergawe van WhatsApp wat nog nie aan Jan Publiek beskikbaar gestel is nie, sal dan na jou Android-toestel gestuur word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie