Kry jou lang asem vir die verkiesing reg
Ek weet nie hoekom my paaie altyd met die langasems s’n kruis nie.
Ek is nie eens ’n sportjoernalis nie, maar as ek weer sien, skryf ek ’n berig oor langasems wat ’n ultramarathon in ’n woestyn aandurf.
Verlede week het my paaie weer met hulle gekruis: Wim Steenkamp (34) en Hannes Smit (46) sien in die hoogsomer kans vir ’n moordende ultramarathon in die woestyn.
Hulle spring Vrydag saam met drawwers van 15 ander lande by Spitzkoppe weg om vyf dae en 250 km later by die Save the Rhino Trust Namibia se hoofkantoor by Palmwag te eindig.
Vyf lange dae in die versengende hitte en stof.
Die grootste uitdaging van die Desert Ultramarathon, wat deel is van die Beyond the Ultimate-reeks, is om daagliks met ’n rugsak vol kampeertoerusting, kos en 2,5 liter water te hardloop.
Waarom?
Drie jaar gelede het ek ’n artikel geskryf oor Hannes, Lourens Rademeyer en sjef Alfeus Haushona wat die eerste Namibiërs was wat aan die 4 Deserts Race in die Skedelkuspark deelgeneem het. Lourens het verlede jaar die Desert Ultramarathon gehardloop en gesê dit was “verskriklik”.
In 2017 was Hannes en krieketspeler Tobias Verwey die enigste Namibiese deelnemers aan die 4 Deserts Race en hulle het onderskeidelik 21ste en 10de uit 103 deelnemers geëindig.
Hannes en Wim draf nie net nie, maar albei ry ook fiets. Wim is boonop ’n kranige bergklimmer.
Ek het geen lang asem nie. Ek kan regtig nie my asem lank onder water ophou nie. Ek het op skool laas gehardloop, maar net die 100 m en 200 m.
Voor ek vir die 100 m en 200 m moes oefen, moes al die atlete eers twee keer om die baan hardloop. Ek het elke keer gedink ek sien die dood. Om nie te praat van die gehyg na jou asem, die gesweet en die miltsteek nie.
Dan is ek boonop gestraf met ’n ligte vel. As ek vier treë gehardloop het, is ek bloedrooi in my gesig.
Draf is vir my een lang, uitgerekte lyding!
Ek haat draf, maar ek haal wel my hoed af vir mense wat ver hardloop. Tog verstaan ek glad nie waarom mense dae lange ultramarathons aanpak nie.
Waar kry die langasems die tyd en geduld om so ver te draf?
Ek is nie met geduld geseën nie en vir draf moet jy hope tyd en geduld hê.
Die langasems sê die ultramarathons is ’n uitdaging, ’n stresontlader en selfs ’n verslawing.
Ek is verslaaf aan lees, koffie en my katte. Nie een behels enige sweet of lyding nie.
Ek is ook verslaaf aan nuus, politiek en verkiesings.
Ek jaag graag van stembus tot stembus en gesels met kiesers in die lang rye. Daar staan bejaardes met hul kieries en sambrele heeldag in die son. Jongmense wat die eerste keer kan stem, trippel opgewonde rond.
Vir my is die kiesers die regte langasems wat Namibië ten goede kan verander, want met die al vrot vis en skelm haai in ons midde, móét die land se leierskap verander.
Ek wens meer Namibiërs het vir dié verkiesing geregistreer. Hierdie verkiesing gaan die opwindendste een sedert 1990 wees toe alle Namibiërs vir die eerste keer kon stem.
Pak jou water, sonskerm, hoed en lang asem vir die stembus in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie