Kry jou eie stukkie Oranjemund

Private eiendom kan nou op dié myndorp gekoop word.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die eerste 10 titelaktes vir private eiendom op Oranjemund is gister oorgedra.

Hierdie geskiedkundige geleentheid is deur Oranjemund se dorpsraad en Namdeb, die mynbouvennootskap tussen die regering en die diamantreus De Beers, gevier.

Inwoners van die dorp en ander Namibiërs kan vir die eerste keer hul eie blyplek op Oranjemund besit.

Tot 18 maande gelede het die dorp aan die myn behoort.

Me. Shangelao Ndadi, Namdeb se woordvoerder, sê die betrokke huise het tot nou toe aan die myn behoort.

“Ná die loonooreenkoms wat verlede week onderteken is, kan Namdeb-werknemers huise teen afslag koop. Die aankoop van Namdeb-eiendomme is egter gebaseer op die huidige inwoners se eerste reg op weiering,” sê sy.

Die Namdeb-eiendomme wat te koop is, behels 1 037 huise, 42 kommersiële geboue en 20 algemene woonkomplekse en kantore.

Die mynboumaatskappy beoog om die meeste van hierdie eiendomme vir private eienaarskap aan sy werknemers, dorpsbewoners en die algemene publiek te verkoop.

Namdeb behou slegs die eiendomme wat vir sy werksaamhede nodig is, sê Ndadi.

Ndadi sê die oordrag van die aktes is die eindresultaat van ’n jare lange proses.

“Met die proklamasie van Oranjemund tot ’n ope dorp in 2012 het Namdeb die dorp begin normaliseer in terme van eiendomseienaarskap en die voorsiening van munisipale dienste,” sê sy.

Saam met ander belanghebbendes word na die diversifisering van die myndorp se ekonomie gekyk om dit meer volhoubaar te maak, sê sy.

Namdeb se uitvoerende hoof, mnr. Riaan Burger, het gesê hy is opgewonde oor die bereiking van dié mylpaal danksy noue samewerking met die dorpsraad.

Volgens hom is private eienaarskap die sleutel tot die dorp se suksesvolle toekoms.

“As belanghebbers soos Namdeb, die dorpsraad en Oranjemund se gemeenskap saamwerk, het ons die vermoë om geleenthede te benut en ekonomiese groei en welvaart te skep,” sê hy.

Volgens Burger kan ekonomiese diversiteit net bereik word as mense hul eie woonplekke besit.

Mnr. Henry Coetzee, Oranjemund se burgemeester, sê Oranjemund se transformasie na ’n “normale” dorp is nou onomkeerbaar.

Ná verskeie vergaderings en baie harde werk is privaat eienaarskap op Oranjemund ’n werklikheid, sê hy.

“Vandag verteenwoordig nog ’n mylpaal sedert die dorp se amptelike opening in Oktober 2017,” sê hy.

Oranjemund is in 1936 deur Sir Ernest Oppenheimer se diamantmaatskappy, Consolidated Diamond Mines of South West Africa (CDM), gestig.

In 1994 het dié maatskappy ’n vennootskap met die Namibiese regering gesluit en Namdeb het tot stand gekom.

Omdat die dorp in die Sperrgebiet (of verbode diamantgebied) geleë is, kon mense van buite dit voorheen net besoek as hulle vooraf om ’n permit aansoek gedoen het.

Sedert Oktober 2017 het die dorp, met sy sowat 10 000 inwoners, sy isolasie verbreek toe sy toegangshek vir die buitewêreld oopgeswaai het.

Die toestroming van mense van buite plaas druk op die dorpsraad om in behuisingsbehoeftes te voorsien.

Mnr. Shali Akwaanyenga, uitvoerende hoof van die dorp, het vroeër vanjaar gesê hulle wil verhoed dat plakkerskampe opskiet, maar is bewus van die toenemende behoefte aan laekostebehuising.

Daarom is 100 gedienste erwe aan die Build Together-skema beskikbaar gestel, 50 gedienste erwe is vir die Shack Dwellers-verenging gegee en ’n verdere 150 aan soortgelyke skemas.

“Die gedienste erwe is in uitbreiding 10 geleë,” het hy toe gesê.

“Ons plan is om nog 300 erwe soos dié in uitbreiding 11 te diens en beskikbaar te stel,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%