Kruiemedisyne vir Covid-stryd beproef
Kruiemedisyne vir Covid-stryd beproef

Kruiemedisyne vir Covid-stryd beproef

Die WHO werk nou saam met navorsingsinstellings om tradisionele medisyneprodukte te kies wat vir kliniese doeltreffendheid en veiligheid vir die behandeling van Covid-19 ondersoek kan word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die Wêreldgesondheidsorgani­sasie (WHO) het protokol goedgekeur vir die toets van kruiemedisyne as 'n moontlike behandeling om Covid-19 en ander siektes te bestry.

Die WHO se streekkomitee vir tradisionele medisyne vir Covid-19, die Afrika-sentrum vir siektebeheer en -voorkoming en die Afrika Unie se kommissie vir maatskaplike aangeleenthede het die protokol vir fase 3 vir kliniese proewe goedgekeur.

Volgens dr. Prosper Tumusiime, direkteur van universele gesondheidsdekking by die WHO se streekkantoor vir Afrika, het die Covid-19-pandemie net soos die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika die behoefte beklemtoon om gesondheidstelsels te versterk en navorsing- en ontwikkelingsprogramme wat tradisionele medisyne insluit, te versnel.

Die goedgekeurde tegniese dokumente is daarop gemik om die tegniese vermoë van wetenskaplikes in Afrika te ontwikkel om behoorlike kliniese toetse uit te voer om die gehalte, veiligheid en doeltreffendheid van tradisionele medisyne in ooreenstemming met internasionale standaarde te verseker. Fase 3 van die kliniese proewe is noodsaaklik om ten volle die veiligheid en doeltreffendheid van 'n nuwe mediese produk te bepaal. 'n Spesiale raad vir veiligheid en monitering sal verseker dat die data versamel uit studies gereeld met betrekking tot deelnemers se veiligheid hersien sal word.

Sou bevind word 'n tradisionele medisyne produk is veilig en doeltreffend, sal die WHO volgens Tumusiime dit vir spoedige, grootskaalse vervaardiging aanbeveel. Danksy die Afrika Reguleringsforum vir entstowwe is daar nou 'n standaard waarvolgens die kliniese proewe van medisyne en entstowwe in die streek binne minder as 60 dae beoordeel en goedgekeur kan word.

Die WHO het in Mei vanjaar gesê dit ondersteun tradisionele medisyne in die ontwikkeling van nuwe tera­pieë in die soektog na potensiële behandelings vir Covid-19.

Volgens die organisasie hou tradisionele, ondersteunende en alternatiewe medisyne talle voordele in en het Afrika 'n lang geskiedenis van tradisionele medisyne wat 'n belangrike rol in die verskaffing van sorg aan bevolkings speel. Medisinale plante soos Artemisia annua word as moontlike behandelings vir Covid-19 beskou en behoort volgens die WHO vir doeltreffendheid en moontlike newe-effekte getoets te word.



sssssssss

Volgens die organisasie verdien Afrikane om medisyne te gebruik wat aan dieselfde standaarde as die res van die wêreld onderwerp is. Selfs al sou terapieë voortspruit uit tradisionele en natuurlike praktyke, is die vasstel van hul doeltreffendheid en veiligheid deur middel van streng kliniese proewe noodsaaklik.

Die WHO werk nou saam met navorsingsinstellings om tradisionele medisyneprodukte te kies wat vir kliniese doeltreffendheid en veiligheid vir die behandeling van Covid-19 ondersoek kan word. Dit ondersteun ook lande in hul ondersoek na die rol van tradisionele genesers in die voorkoming, beheer en vroeë opsporing van die virus, sowel as verwysing na gesondheidsgeriewe.

Die organisasie werk die afgelope twee dekades nou saam met lande vir die veilige en doeltreffende ontwikkeling van tradisionele medisyne in Afrika deur finansiële hulpbronne en tegniese steun te verskaf. Dit het kliniese proewe in die verband ondersteun wat daartoe gelei het dat 14 lande goedkeuring vir die bemarking van 89 tradisionele medisyneprodukte gekry het wat aan internasionale en nasionale vereistes vir registrasie voldoen. Hiervan is 43 in nasionale lyste vir noodsaaklike medisyne.

Die produkte vorm deel van behandelingsplanne vir 'n wye reeks siektes, wat malaria, diabetes en hoë bloeddruk insluit. Byna al die lande in die WHO se Afrikastreek het nasionale beleidsrigtings vir tradisionele medisyne.

Die WHO het egter gemaan teen verkeerde inligting wat beweer sekere plante en middels is 'n wonderkuur teen Covid-19 sonder dat dit aan streng toetse onderwerp is of aan die minimum vereistes vir ­kwaliteit, doeltreffendheid en veiligheid voldoen. Volgens die organisasie kan sulke wanindrukke mense in gevaar stel en 'n vals gevoel van sekuriteit skep en hulle sodoende weerhou van basiese beginsels soos handewas en sosiale afstand wat noodsaaklik in die voorkoming van Covid-19 is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.62 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.86/OZ UP +0.06% | Copper US$ 5.08/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 187.00/T UP 1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.05/BBP DOWN -0.0108 | Platinum US$ 1 054.75/OZ UP +0.47% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.62 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.86/OZ UP +0.06% | Copper US$ 5.08/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 187.00/T UP 1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.05/BBP DOWN -0.0108 | Platinum US$ 1 054.75/OZ UP +0.47%