Kroegskieter se verhoor begin binnekort
'n Regter is verlede week aangewys vir die verhoor van die man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n jong vrou drie jaar gelede in 'n kroeg in Windhoek doodgeskiet het.
Jacqueline Louw
Regter Naomi Shivute is verlede Donderdag deur die hoërhof in Windhoek aangewys om die verhoor van die 57-jarige Sakarias Mathias waar te neem.
Mathias staan tereg op klagte van moord, poging tot moord of alternatiewelik die nalatige afvuur of hantering van 'n vuurwapen, die rig van 'n vuurwapen, die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie asook dwarsboming van die gereg.
Dié klagte spruit uit 'n voorval wat op 9 April 2014 in die BSK-kroeg in Katutura plaasgevind het en waartydens die 21-jarige me. Magdalena Fredricks doodgeskiet is. Tydens dieselfde voorval is mnr. Patrick Hawala in die bobeen geskiet en die beskuldigde het glo ook sy vuurwapen in die rigting van mnr. David Neingo gerig, maar hy het weggehardloop en het ongedeerd daarvan afgekom.
Dit is die staat se saak dat Mathias van die vuurwapen ontslae geraak het en sodoende probeer het om die regsproses te dwarsboom en ook dat hy in die polisieondersoek na die oorsprong en eienaarskap van die vuurwapen ingemeng het.
Volgens die klagstaat was die oorledene, Hawala en Neingo in die BSK-kroeg in Katutura in die vroeë oggendure van 9 April 2014 toe die beskuldigde skote van die deur af in die kroeg in geskiet het. Fredricks is ernstig gewond en het 'n paar uur later in die hospitaal gesterf.
Datums vir die verhoor sal Donderdag met die partye se regsverteenwoordigers ooreengekom word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie