Kritici kap Sterling oor tatoeëermerk
Sokker
Die Engelse sokkerspeler Raheem Sterling het sy nuwe tatoeëermerk van 'n aanvalsgeweer verdedig nadat groepe wat 'n veldtog teen vuurwapens voer dit as “walglik” beskryf het.
Die Manchester City-doelskieter het 'n foto op Instagram geplaas waar hy by St. George's Park saam met Engeland oefen ter voorbereiding vir aanstaande maand se Wêreldbekertoernooi in Rusland.
Die tatoeëermerk van die geweer op sy regterbeen is duidelik sigbaar.
Lucy Cope, stigter van die veldtog-groep Mothers Against Guns, se seun is in Julie 2002 buite 'n nagklub in Londen doodgeskiet.
“Hierdie tatoeëermerk is walglik,” sê Cope. “Raheem behoort sy kop in skaamte te sak. Dit is totaal onaanvaarbaar.
“Ons eis dat hy die tatoeëermerk verwyder of bedek met 'n ander een. Indien hy weier, moet hy uit die Engelse span weggelaat word.”
'DIEPER BETEKENIS'
Sterling (23), 'n lid van afrigter Gareth Southgate se groep van 23 spelers wat hul Wêreldbekerveldtog op 18 Junie in Volgograd teen Tunisië afskop, het hom later weer tot Instagram gewend om homself te verdedig.
“Die tatoeëermerk het 'n dieper betekenis,” sê hy.
“Toe ek twee jaar oud was, is my pa doodgeskiet.
“Ek het myself belowe ek sou nooit aan 'n geweer raak nie.
“Ek skiet met my regtervoet, so dit het 'n dieper betekenis en dit (die tatoeëermerk) is nog nie voltooi nie.“
BBCSport berig die Engelse Sokkervereniging (FA) het sy ondersteuning aan Sterling belowe.
“Ons almal ondersteun Sterling en neem kennis van die eerlike en opregte verduideliking,” sê 'n woordvoerder van die FA.
“Hy en die res van die span fokus uitsluitlik op hul voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi.” – Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie