Kriptogeld skep talle tameletjies
Vrese dat kriptogeld vir geldwassery, die finansiering van terreur en belastingontduiking gebruik kan word, het meegebring dat regulasies vir die gebruik daarvan nou voorgestel word.
Wêreldwye regulering kom dalk nader vir bitcoin en sy kriptomededingers nadat finansiële beleidmakers van die G20 in die afgelope week gevra het vir voorstelle daaroor.
Kriptogeldeenhede is digitale geldeenhede wat deur private maatskappye uitgereik word en wat anonieme elektroniese transaksies oor landsgrense moontlik maak.
Die G20-bespreking in Argentinië volg ná oproepe om gesamentlike optrede wêreldwyd weens vrese dat kriptogeld gebruik kan word vir geldwassery, die finansiering van terreur, belastingontduiking of om klein beleggers in te loop.
Die G20 beskou kriptogeldeenhede nie as 'n bedreiging vir finansiële markte nie omdat die gekombineerde markwaarde daarvan minder as 1% van die wêreldekonomie uitmaak.
Bitcoin, ethereum, ripple en litecoin is van die meer as 1 400 kriptogeldeenhede wat beleggers gaande het vanweë die sterk, hoewel baie wisselvallige, groei in waarde.
Bitcoin se waarde het die laaste jaar met sowat 700% toegeneem. In Desember het dit in 'n stadium teen US$19 000 elk verhandel, maar dit het in Februarie tot sowat US$7 000 geval. Teen Vrydagoggend was die prys in die omgewing van US$8 400.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se nuwe FinTech-eenheid werk ook daaraan om beleidmakers te help met die formulering van raamwerke om die finansiële omgewing veilig te hou en die stabiliteit van die ekonomiese stelsel te verseker.
Die eenheid bekyk nie net kriptogeld en nuwe tegnologie nie, maar ook enige innovering wat in die finansiëledienste-sfeer toegepas word met die potensiaal om sakemodelle, toepassings, prosesse of produkte te ontwrig, het dr. Arif Ismail, hoof van die program, vroeër aan Rapport gesê. Die eenheid behoort teen die tweede helfte van die jaar nader te wees daaraan om 'n regulatoriese raamwerk – indien gepas – te ontwikkel.
Bridget King, direkteur vir bank- en finansiële dienste van Cliffe Dekker Hofmeyr, sê die dringendheid dat die Reserwebank finansiële tegnologie en kriptogeld reguleer, is veral daarop gerig om beleggers en verbruikers te beskerm teen moontlike verliese en gewetenlose diensverskaffers of handelsplatforms.
Daar is egter ook 'n denkrigting dat indien regulering vir nuwe tegnologie, soos blokkettingtegnologie, te gou ingestel word, dit vooruitgang en innovering kan smoor.
Sy sê die risiko daarvan om te gou te reguleer, moet opgeweeg word teen verbruikers- en beleggersbeskerming. Omdat die tegnologie so vinnig ontwikkel, kan dit ook gebeur dat sodra regulering van krag word, dit reeds verouderd is.
Sommige lande is versigtig vir nuwe regulasies ná 'n dekade van bykomende regulering wat gevolg het op die finansiële krisis van 2008-'09, terwyl ander meen die regulering van kriptogeld sal legitimiteit daaraan verleen – wat vir hulle 'n tameletjie is.
King sê 'n selfregulerende liggaam ('n effektebeurs is 'n klassieke voorbeeld daarvan) is dalk 'n oplossing. “Kriptogeldeenhede is gedesentraliseer en dit sal dus moeilik wees om gesentraliseerde toesig of wetgewing te gebruik in die regulering daarvan.”
Volgens King kan 'n selfregulerende liggaam ooreenkomstig die wet tot stand kom en bindende reëls en voorskrifte stel vir kriptogeldeenhede, -beurse en -handelaars wat lede is.
Belastingontduiking
Wêreldwyd wil reguleerders ook belastingontduiking keer deur diegene wat in kriptogeld belê of daarin handel dryf.
Amerikaanse data wys net 'n fraksie van Amerikaners verklaar hul kriptotransaksies aan die inkomstediens, berig Bloomberg. Volgens Credit Karma is daar in minder as 100 van die eerste 250 000 belastingopgawes wat teen Februarie ingedien is, 'n kriptowins of -verlies verklaar.
Belastingowerhede moet besluit of kriptogeld as bate of inkomste geklassifiseer word. Heelwat van die G20-lande wil bitcoin as 'n bate klassifiseer om dit onderhewig te maak aan kapitaalwinsbelasting.
King sê in Suid-Afrika word daar vanuit 'n regsoogpunt ook gekyk na belastingwetgewing en die belastingimplikasie daarvan om in kriptogeld te belê of handel te dryf, ongeag waar in die wêreld dit plaasvind.
Sy waarsku dat as jy oorsee in kriptogeld belê of daarin handel dryf, jy onderhewig bly aan valutabeheerregulasies en moet jy steeds binne jou toegelate buitelandse beleggingsperk bly.
King sê geld wat jy hiervoor oorsee neem, is maklik opspoorbaar. Dis dieselfde as om buitelandse aandele te koop: Sodra die geld jou bankrekening verlaat, word dit deur die gemagtigde handelaar hanteer.
Hou ook in gedagte dat bitcoin nie 'n wettige betaalmiddel in Suid-Afrika is soos die rand nie. As jy iemand moet betaal, kan hy nie weier om jou rande te aanvaar nie, maar hy kan weier om bitcoin te aanvaar, sê sy.
As jou bitcoin of ander kriptogeld verlore raak of gesteel word, is daar nie 'n ombudsman of statutêre instellings soos die Raad op Finansiële Dienste of die Nasionale Kredietreguleerder by wie jy kan kla soos oor jou versekeraar, finansiëlediensverskaffer of kredietverskaffer nie, sê King. Die Reserwebank se huidige standpunt oor kriptogeld is dat partye op eie risiko daarin belê of handel dryf.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie