Kriel oorleef naweek teen die bestes
Muurbal
Andrew Poolman - In die uitklopstryd tussen die topagt muurbalspelers in die land wat vir die eerste keer as die Coach Sean uitnodigingstoernooi aangebied is, sou daar net een wenner oorbly en sy naam is Kyle Kriel.
Vir die toernooi, breinkind van die gasheerklub Wanderers se afrigter Sean Wathen, het die jong Kriel sy status as topgekeurde speler gestand gedoen toe hy tot die finaal deurgedring en met drie stelle teen een met die hoog gerekende Max Endjala afgereken het.
Kriel het vanaf die eerste stel beheer geneem met ’n voorsprong van 8-1 en hoewel Endjala teruggeveg het tot 8-6, het Kriel die stel met 11-6 ingepalm.
In die tweede stel was Kriel opnuut vinniger uit die blokke (3-0 en 8-2) op pad na sy wentelling van 11-5.
Dieselfde patroon is aanvanklik in die derde stel gevolg, toe Kriel met 4-0 voorgeloop het. Endjala se veggees om oorlewing het sake op 6-6 gelykop gemaak en met sy momentum het hy voortgegaan om die stel met 11-8 te beklink.
Kriel het egter in die vierde stel kopgehou en die knoop deurgehaak om seker te maak dat hy met die wenprys van N$8 250 wegstap, terwyl Endjala met N$6 250 getroos is.
Kriel het Vrydag sy semifinaal teen sy Wanderers-klubmaat Andy Fourie met 3-0 beklink, terwyl Endjala die eindstryd gehaal het deur Devon Savage van SFC op Swakopmund met 3-0 uit te skakel.
Fourie het derde geëindig deur ’n taai bronsfinaal teen Savage met 3-2 te wen (9-11, 11-7, 11-0, 8-11, 11-1). Die derde posisie het N$4 250 verdien en die vierde plek N$3 250.
Die oudste deelnemer in die toernooi, Michau Basson (45), het nie die kans laat glip om soms met die skare gek te skeer terwyl hy die uitspeelwedstryd om die vyfde plek teen die jongste speler, die 18-jarige Arno Diekmann, met 2-1 gewen (13-11, 6-11, 11-5) het nie. Basson het hiermee N$2 750 losgeslaan en Diekmann N$2 250.
Die sewende eindposisie is deur Angelo Titus van die Walvisbaaise klub Buccaneers ingeneem, wat die tuisklub se Steven Berry met 3-0 te bowe gekom het (11-6, 11-7, 11-7). Die twee het onderskeidelik met N$1 750 en N$1 250 weggestap.
Die Windhoekse hitte was genadeloos op al drie speeldae, nie net vir die twee manne van die kus nie. Toeskouers het egter die toernooi in goeie getalle ondersteun en hetuitstekende vaardigheid, fiksheid en tweestryde aanskou.
Die skakelbeampte van die toernooi, Steven Berry, sê: “Vir ’n eerste aanbieding was dit ’n fenomenale toernooi.
“Die sukses was duidelik te sien in terme van die gehalte van al die wedstryde. Om onder die topagt in die land te kwalifiseer, was nie maklik nie en het deurgaans harde werk geverg, maar die prysgeld het dit die moeite werd gemaak en dien ook as ’n aansporing vir diegene wat vanjaar nie die paal gehaal het nie.
“Dit is ’n toernooi wat ons deur die loop van die jaar bemark het en ons sal dit volgende jaar weer so doen. Die beplanning is beslis om volgende jaar ook ’n vroue-afdeling by te voeg, hopelik ook met uitnodigings aan die voorste agt spelers in die land.
“Muurbal bly grootliks ’n sosiale sport in Namibië, maar die strengheid van die toernooi se reëls sover dit gedrag van spelers op en van die baan betref, het bygedra om die vlak van professionaliteit te verhoog. Dit was ’n baie goeie inisiatief deur afrigter Sean.”
Die toernooi is moontlik gemaak deur borgskappe van Wanderers -muurbalklub, Sanlam Namibia, Paco Engineering, Quickbooks Accounting Namibia, Plant’d en Xterra 4x4 Outdoor & Fitment Centre.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie