Krieket SA kry dwarsklap oor Kingsmead
Krieket
Die Internasionale Krieketraad het gister bevestig dat die buiteveld vir die toets op Kingsmead in Durban as “swak” beoordeel is.
Die wedstrydskeidsregter, Andy Pycroft, het die aanbeveling gemaak ná afloop van die eerste kriekettoets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Spel was net op die eerste twee dae van die toets moontlik.
Hoewel dit nie op die laaste drie dae van die toets weer gereën het nie, het die skeidsregters beslis dat spelers die risiko van beserings sou loop vanweë etlike sagte, modderige kolle in die buiteveld.
Die “Klug van Kingsmead” het die ongesonde mag wat aan skeidsregters gegun word, in die soeklig geplaas.
Op ’n helder, warm dag is die eerste toets Dinsdag summier afgelas nog voor die amptelike begintyd vir die laaste dag se spel, omdat die manne met die wit hoede – Richard Illingworth, Ian Gould en Shaun George – steeds geglo het die buiteveld is te sag.
Slegs 99.4 boulbeurte uit ’n moontlike 450 is uiteindelik voltooi.
Nie ’n enkele speler is enigsins ’n kans gegee om insette oor die stand van die oppervlak te lewer nie, want luidens die Internasionale Krieketraad se reëls mag slegs die skeidsregters bepaal of ’n buiteveld geskik is om op gespeel te word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie