Kreatiewe leierskap onder die vergrootglas

Yandi Du Plessis
Emerge het sy eerste gespreksessie met die tema “Reimagine Purpose: Thriving in the Next New Normal” onlangs by Droombos aangebied.

Dit het bestaan uit inspirerende gesprekke en 'n uitstalling deur die talentvolle Namibiese kunstenaar Hage Nasheotwala.

Die geleentheid is geborg deur Bank Windhoek wat daarna streef om 'n katalisator van positiewe verandering te wees deur gemeenskappe te help om hul volle potensiaal te bereik.

“Emerge is 'n kreatiewe diens vir leierskap wat ontwerp is om nuwe denke aan te spoor, en is daarop gemik om die krag van samewerking te benut, gemeenskapsbande te skep en nuwe moontlikhede in Namibië en die res van die vasteland te verken om by te hou met die eise van die nuwe tye waarin ons tans verkeer,” sê die Emerge-stigter en besturende direkteur van Rich Africa Consultancy, me. Ndapwilapo Selma Shimutwikeni.

Die virtuele geleentheid wat regstreeks uitgesaai is, is gelei deur die besturende vennoot van FranklinCovey Namibia, me. Natasha Williams-Phatela. 'n Aantal sprekers, onder wie mnr. Adebola Williams, die mede­stigter en groepshoof van RED, Afrika se grootste portefeulje van jeugmediahandelsmerke, was teenwoordig. Forbes Magazine en CNN het al profiele oor hom gedoen.

Me. Rachel Nyaradzo Adams, 'n leierskap- en transformasiespesialis en stigter van Narachi Leadership, was ook een van die sprekers. Sy is in 2019 as een van die top-100 jong invloedryke Afrikane aangewys. Haar werk kombineer instrumente van neurowetenskap, sielkunde en ontologie om leiers te bemagtig om transformasie aan te moedig en die vasteland op 'n inklusiewe manier te ontwikkel.

Sprekers het die geleenthede benadruk wat uit die pandemie op die gebiede van entrepreneurskap, tegnologie, toerisme en handel ontstaan het.

“Hierdie buitengewone tye waarin ons die impak van die pandemie moet navigeer, vereis nuwe denke. Volhoubare transformasie vereis kreatiewe leierskap, samewerking en gemeen­skapsbande, wat die kern van Emerge se visie is,” het Shimutwikeni gesê. Sy

Die belangrikste boodskap is dat kreatiewe leier­skap die geldeenheid van die 21ste eeu geword het, het sy bygevoeg.

“Dit is die vermoë om innoverende idees en oplossings te ontwikkel en te verwesenlik deur die gedeelde strewe om die wêreld 'n beter plek te maak.”

“Dit is tyd om te innoveer en te belê in die kreatiewe ekonomie om die volle potensiaal binne Namibië, sowel as die res van die Afrikavasteland na vore te bring,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-01-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer