Kragtarief styg met 8%
Die skuld wat NamPower twee jaar gelede opgestapel het toe noodkrag opgewek moes word, blaas nou in verbruikers se nek.
Ronelle Rademeyer - Die prys waarteen NamPower elektrisiteit in groot maat aan die streekverspreiders, myne en plaaslike owerhede soos die Windhoek-munisipaliteit lewer, styg op 1 Julie met 8%.
Verlede jaar het die verhoging 16,71% beloop.
Die beteken die prys van elektrisiteit sal vanjaar vanaf N$1,49 tot N$1,61 per kilowatt-uur (kWh) styg.
Met dié verhoging sal NamPower in staat wees om 57% van die N$900 miljoen wat hy in 2015-'16 in onderverhaling opgestapel het, af te los.
Me. Loide Namene, hoof uitvoerende beampte van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB), het die aankondiging gister in Windhoek gemaak.
Volgens haar moes NamPower twee jaar gelede 'n haas uit die hoed pluk om die ligte aan te hou toe elektrisiteitsvoorsiening in suidelike Afrika ernstig onder druk gekom het. Noodkragstasies moes vir opwekking in werking gestel word.
Dit het meegebring dat die nasionale kragvoorsiener in 2015-'16 'n onderverhaling van N$1,3 miljard ten opsigte van kragopwekking getoon het. Danksy 'n oorverhaling van N$410 miljoen in die transmissie van elektrisiteit in dieselfde jaar, kon die bedrag tot sowat N$900 miljoen afgebring word, sê Namene.
Sy het aan joernaliste verduidelik dat die raad op 8% besluit het sodat 'n groot deel van dié bedrag afgelos kan word en dit nie die koste van elektrisiteit in die toekoms verder opjaag nie.
NamPower het in sy aansoek om 'n verhoging drie opsies aan die ECB voorgelê. Dit was om 'n verhoging van onderskeidelik 6,38, 10,08 en 22,40%.
Namene sê indien die ECB geskik het vir 'n verhogingsopsie van net 6,38% vanjaar, sal die toekomstige impak van tariefverhogings op die verbruiker te groot wees.
“Indien ons 'n verhoging van minder as 8% toegestaan het, sou 'n groot deel van die onderverhaling na die volgende jaar oorgedra moes word. Dit sal die bekostigbaarheid van elektrisiteit beïnvloed.”
Sy het verder verduidelik dat hierdie nuwe grootmaattarief deur die streekverspreiders soos Nored, Cenored, Erongo Red asook deur die Windhoek-munisipaliteit as maatstaf gebruik sal word wanneer hulle hul onderskeie aansoeke om tariefverhogings aan die ECB voorlê.
Toekomstige kragvoorsiening
Namene het verder aan joernaliste gesê die kragleweringsituasie in die streek was die afgelope 12 maande stabiel.
Dit is danksy nuwe opwekkingsvermoë en goeie reënval wat die voorsiening van hidroëlektrisiteit verbeter het.
NamPower sal teen die einde van 2018 184 MW hernubare energie kan opwek danksy ooreenkomste met onafhanklike kragvoorsieners. Dit sal beteken 27% van die elektrisiteit wat in die land opgewek word, is afkomstig van hernubare bronne, het Nameme verduidelik.
Sy het egter daarop gewys dat sonkrag met tye onderbreek kan word en daarom is dit baie belangrik dat dit met groot omsigtigheid bestuur word sodat die elektrisiteitsnetwerk stabiel bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie