Krag skop Maandag af vir wanbetalers
Sestien dorpe, twee staatsinstellings en twee ministeries sal Maandag vir vier ure sonder elektrisiteit moet klaarkom indien hulle nie afbetalingsooreenkomste vir agterstallige skuld met die nasionale kragvoorsiener nakom nie.
NamPower het 31 Maart as sperdatum aangekondig.
Die lys bly egter grootliks onveranderd.
Die gedwonge “beurtkrag” sal op 12 April vanaf 11:00 tot 15:00 vir geraaktes afskop. Dit is week 1.
In week 2 – sonder dat betalings ontvang is – sal Dinsdae ook “duister” wees tydens dieselfde ure, gevolg deur die byvoeging van Woensdae (week 3), Donderdae (week 4), Vrydae (week 5), Saterdae (week 6) en Sondae (week 7).
Sou wanbetaling voortduur, sal krag volgens dieselfde skedule vir die weke daarna elke dag vir ses en agt ure afgeskakel word.
Op die lys:
Plaaslike owerhede:
Aranos
Berseba
Bethanie
Gibeon
Gobabis
Kalkrand
Karasburg
Koës
Kombat (Congo Namibia Trading)
Leonardville
Maltahöhe
Okahandja (Cenored)
Rehoboth
Stampriet
Tses
Witvlei
Ministeries:
Landbou, water en grondhervorming
Sport, jeug en nasionale diens
Staatsinstellings:
Agribusdev
Nida

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie