Krag- en waterkrisis by Windhoek-skole
GYS BURGER SKRYF:
Die berig “Verskeie staatskole in Windhoek sonder krag en water” (Republikein, 12 Februarie 2020) is net skandelik.
Ek loop nie in die onderwys se binnekringe rond nie, maar ek kan nie anders as om die skuld by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur te plaas nie. Sover dit vir my blyk, is skole ontneem van hul magte om hul eie sake te bestuur. Eers mag hulle geen skoolfonds vra nie, en dan moet die ministerie van werke alle ernstige onderhoud doen ('n mens kan net dink hoe traag hulle is in daardie geval). Die ministerie van onderwys betaal die rekeninge vir krag en water by die skole en die twee partye blyk nie asof hulle met mekaar daaroor praat nie.
Hoe meer afstand jy tussen die verbruiker en die betaler bring, hoe minder gee die verbruiker daaroor om. Dus sal die skole niks aan hierdie probleem doen nie, want alle mag lê by ministeries wat nie rêrig omgee oor die alledaagse sake van die skole nie. Hoe anders kan skole waterrekeninge van duisende en miljoene hê?
Die skool trek sy skouers op, so ook die die ministerie van onderwys en verwys sake na ministerie van werke, en werke sê hulle sukkel met 'n agterstand in onderhoud. So 'n benadering kan mos net misluk!
Ek dink skole moet tog skoolfonds vra, hul eie rekeninge betaal en dan moontlik van die geld by die ministerie terugeis. Die ministerie kan selfs 'n kwota per skool hê, en die skole net daarvoor vergoed. Alle bedrae bo hierdie kwota moet die skole self voor sorg. Dit skep 'n mate van verantwoordelikheid by die skole.
Hierdie voorstel kan net gebeur as hulle “verniet” onderwys afskaf. Alhoewel dit baie armes help, sien ek tans baie min vrugte van hierdie hele beleid.
Dalk sit ek die pot heeltemal mis. Ek is werklik nie 'n kenner op hierdie gebied nie, maar ek glo hierdie probleem gaan nog 'n lang tyd met ons wees, mits hulle die beleid aanspreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie