Kraanvoëls wil ’n punt bewys

Uganda sal vandag moontlik sonder Brian Masaba, sy gereelde kaptein, in Namibië arriveer.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Beide krieketspanne wat van môre af in die Castle Lite-reeks by die Wanderers-veld slaags raak, berei hulle voor op belangrike kompetisies in die volgende maande.

Die reeks bestaan uit drie T20-wedstryde (een môre, twee Maandag) en internasionale eendagwedstryde volgende Woensdag en Donderdag.

Namibië se Eagles maak ’n uiters tydige terugkeer tot internasionale krieket ná die Covid-ontwrigtings, in die aanloop om hul debuut by die T20-Wêreldbeker in Indië gedurende Oktober te maak.

Hul opponent Uganda se volgende afspraak is in Septembermaand met ’n toer na Jersey. Vir die Oos-Afrikane én vir die Eagles is nog ’n geelwortel dat kwalifisering vir die 2022 T20-WB in Australië ook in die komende maande voorlê.

Uganda het verlede jaar al vyf sy toerwedstryde in Oman gewen en is die voorloper in groep B van die ICC se Wêreldkrieket-uitdaagreeks. Indien Uganda goed vaar in Windhoek kan dit hulle ’n stappie nader aan internasionale eendagstatus bring.

Die Kraanvoëls het die afgelope maande ’n aktiewe wedstrydprogram gehad en spog deesdae met 24 gekontrakteerde spelers, asook ’n voltydse krag- en kondisioneringsafrigter.

Die voormalige Suid-Afrikaanse o.19 WB-span se afrigter, Lawrence Mahatlane (44), is sedert Julie 2020 Uganda se hoofafrigter nadat sy voorganger, Steve Tikolo van Kenia, ’n pos in Tanzanië aanvaar het.

Mahatlane, wie se kontrak oor drie jaar strek, sê: “Hier is hope natuurlike talent in Uganda. Een van my grootste uitdagings was om die spelers krieket beter te laat verstaan. Ons was die afgelope maande bevoorreg om meer as 30 wedstryde te speel.

“Ek dink die spelers verstaan tans hul rolle op die veld beter en hoe die spel werk. Druk in internasionale wedstryde is ’n voorreg en ek waardeer dit, want ons sal in Namibië wil voortbou op die sukses wat ons in Oman behaal het waar Uganda al sy wedstryde gewen het.

“Ons strewe ook om soos Namibië internasionale eendagstatus van die ICC te verwerf en ek hoop om deel van dié reis te wees. Ons het baie tyd in die spelers belê om hulle te leer hoe om na hul liggame om te sien en ’n sportsielkundige is ook ingespan.

“Ons mikpunt met die toer is om te sien waar Uganda tans staan. Namibië is 19de op die ICC T20-ranglys en ons 31ste. Ons wil die toer gebruik om onsself teen hulle te meet.

“Ons het vier maande oor voor ons na Jersey vertrek. Ná die uitstappie teen die Eagles sal ek hopelik weet wat werk en nie; wat om te behou en wat om te verander.

“Die toer gaan opwindend en terselfdertyd straf wees, want ons neem net 14 spelers saam. Brian Masaba, die kaptein, het ’n paar weke gelede sy dyspier beseer. Ons sal eers vandag hoor of hy gereed is om saam na Namibië te vertrek.

“Brian is ’n drie-in-een-speler. Hy is ’n uitstekende leier en kolwer, moontlik ons beste veldwerker en ’n giftige draaibalbouler. Dit sal ’n groot terugslag wees as ons hom verloor.”

Pierre de Bruyn, hoofafrigter van die Eagles, het die Namibiërs in Mei 2019 suksesvol na Uganda gelei vir die vasteland se reëngeteisterde WB-kwalifiserende T20-toernooi in Kampala.

Namibië het Uganda toe met 42 lopies geklop. Nadat die toerspan op 53/4 was, het Karl Birkenstock (59 van 28 balle) en Christi Viljoen (33) hulle tot 167/7 voortgedryf, voordat hulle Uganda tot 125/8 beperk het (Christi Viljoen 4/15).

De Bruyn sê: “Ons sien ongelooflik baie uit na Uganda se besoek. Ná meer as ’n jaar kan ons uiteindelik weer kompeterende krieket speel en dit het groot opgewondenheid in ons kamp veroorsaak. Met hope tyd tot ons beskikking het die Eagles aan verskeie aspekte van ons spel geskaaf.

“Gelukkig is die wagtydperk eindelik verby en ons kan ons blou Eagles-hemde aantrek en Namibië verteenwoordig! Ons het bitter lank laas saam as ’n span gespeel. Dit is amper asof jy weer van nuuts af moet begin en dit sal goed wees om te beproef waar die Eagles hulle tans bevind.

“Elke wedstryd is belangrik ter voorbereiding op die T20 Wêreldbeker. Ons sal nuwe kombinasies beproef en moontlik ’n paar randspelers ’n geleentheid gee. Die manne het hard gewerk en dit is ’n fantastiese geleentheid om hul vernuf te vertoon.

“Uganda kan op enige dag ’n gevaarlike span wees, so ons neem hulle glad nie ligtelik op nie. Ons speel erkende ICC internasionale T20-wedstryde. Ons posisie op die T20-wêreldranglys is baie belangrik, dus wil ons graag al drie wen en die wenkultuur verder uitbou, wat belangrik is,” het hy aan Republikein gesê.

Uganda se waarskynlike spelersgroep: Frank Akankwasa, Gerald Mubiru, Trevor Bukenya, Jonathan Ssebanja, Frank Nsubuga, Simon Ssesazi, Ronak Patel, Fred Achelam, Kenneth Waiswa, Riazat Ali Shah, Cosmas Kyewuta, Dinesh Nakrani, Henry Ssenyondo, Emmanuel Hasahya, Arnold Otwani (onderkaptein), Brian Masaba (kaptein), Roger Mukasa, Saud Islam, Hamu Bagenda Kayondo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%