KPS besoek ouetehuis
KPS besoek ouetehuis

KPS besoek ouetehuis

Gerine Hoff
“Daar is baie wysheid tussen die mure!”
Dit is die woorde wat me. Karin Ferreira, die Privaatskool Keetmanshoop se lewensoriëntering onderwyseres onangs met haar graad 7-leerlinge gedeel het toe hulle besoek afgelê het by Ons Tuiste, een van die plaaslike ouetehuise.
Leerlinge het geskenke saamgeneem en sommer geselsies met die inwoners aangekoop.
“Daar is baie wysheid hier en die kinders moet nie bang wees om te kom kuier nie,” het Ferreira gesê.
Die besoek is deel van die graad 7’s se vak lewensoriëntering, en Ferreira meen dit help die kinders besef hulle is deel van ? breër gemeenskap.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer