Koue kom wéér Suide toe

Sesde antisikloon dié winter

04 September 2018 | Omgewing
Elvira Hattingh - Die suide van die land kan teen Donderdag reënerige en koue weer verwag, met maksimum temperature wat glo nie 15°C sal oorskry nie.

Terselfdertyd sal koeler weer in sentrale dele van die land voorkom, met maksimum temperature wat na verwagting nie meer as 21°C sal bereik nie. Sonnige en warm weer word egter oor die meeste dele van die land verwag, terwyl dit na verwagting báie warm in die Noorde sal wees.

Só voorspel mnr. Odilo Kgobetsi, hoofweervoorspeller by die Namibiese weerkantoor in Windhoek.

Weather.com voorspel Windhoek se minimum temperatuur sal Donderdag en Vrydag digby -2°C draai, terwyl die maksimum op onderskeidelik 19°C en 21°C sal staan. Keetmanshoop sal op dieselfde dae minimum en maksimum temperature van tussen -2°C en 13°C hê.

Grunau se temperature sal op dié twee dae ook tussen -2°C en 11°C wissel.

Daarteenoor sal Rundu Donderdag ‘n minimum en maksimum temperatuur van 16°C en 34°C hê, nadat die kwik op dié dorp teen Woensdag by sowat 36°C kan draai.

‘n Snikhete Donderdag en Vrydag word ook vir Katima Mulilo voorspel, met minimum temperature wat na verwagting op 21°C sal staan, terwyl die kwik tot 36°C sal styg.

SESDE ANTISIKLOON

Dié vlaag koue vir die Suide kom ná die sesde antisikloon dié winter naby die suidwestelike kus van Afrika aangekom het, en sal na verwagting ‘n sterk kouefront van sy posisie oor die Atlantiese Oseaan af oor die vasteland stoot.

Volgens Weather Today (Southern Africa) se weervoorspeller, mnr. Mike Berridge, sal die volle krag van die kouefront teen Donderdag (6 Sept) in veral die sentrale Kaap en die suidelike Drakensberg-gebiede gevoel kan word.

Hiertydens sal maksimum temperature in dié gebied na verwagting nie 4°C oorskry nie. Terselfdertyd kan sterk ryptoestande snags in dié gebiede voorkom.

Volgens die voorspelling sal die koue toestande vir dae lank in die buurland voortduur omdat dit voortdurend deur ‘n invloei van koue lug van die suide af gevoed sal word.

Die lug word oor die vasteland gestoot deur die intense hoëdrukstelsel oor die Atlantiese Oseaan.

Terselfdertyd sal warm en vogtige lug afwaarts van die Indiese hoëdrukstelsel af inbeweeg en oor die sentrale dele van Suider-Afrika eindelik teen die kouefront bots. Dít sal na verwagting tot die vorming van ‘n laedrukstelsel lei en moontlik reënbuie tot gevolg hê.

Soos voorspel het sterk reënbuie, hael en donderweer intussen reeds op plekke soos Port Elizabeth, Oos-Londen en Despatch voorgekom.

Soortgelyk

 

Omstrede onderwyswetsontwerp kry spoed

3 ure gelede | Regering

Denver Kisting - As die loeiende sirenes nie gistermiddag stemgeregtigde lede van die Nasionale Vergadering (NV) teruggelok het na die Huis toe nie, sou 'n...

Kahimise verloor eerste ronde

3 ure gelede | Howe

font face="Verdana" > Denver Kisting – Waarnemende regter Collins Parker het gister om 12:28 in die hoërhof gelas mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof,...

'Baie sterf, want niemand gee om'

3 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - “Hoekom is daar so baie nalatigheid by pasiënte in ons hospitale? Baie mense gaan dood omdat niemand vir ons in hospitale omgee...

Skooltjie geverf

3 ure gelede | In beeld

Die Amos Meerkat-skoolprojek (AMP) is een van Namibia Media Holdings (NMH) se uitreik-inisiatiewe waarby 600 kinders baat. Dié skooltjie in Babylon is Saterdagoggend in nuwe...

Alweendo looi opposisie oor Namdia

3 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het gistermiddag sommige politici as leuenaars bestempel. Hy het in die Nasionale Vergadering...

Weer vir 20 November

3 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal oor die Noorde voortduur.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloe­dig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met...

Franse steun vir Keetmans se waternetwerk

3 ure gelede | Plaaslik

Verdana" >Elvira Hattingh - Die Franse regering het ‘n FASEP-skenking van sowat N$12 miljoen bewillig om ‘n indiepteondersoek en diagnose van Keetmanshoop se waterverspreidingstelsel...

Wilde perde: Hoop kwyn

3 ure gelede | Omgewing

font face="Verdana" >Tanja Bause - Die vreugde, hoop en verligting wat Namibiërs en diereliefhebbers oraloor die wêreld ervaar het toe aangekondig is die Namib...

Nuwe bewyse in Erindi-saak

3 ure gelede | Howe

Ellanie Smit - Nuwe bewyse het aan die lig gekom in die hofstryd tussen die Erindi Private Wildreservaat en die regering oor die hangende kooptransaksie...