Koue goues voor jou oë gebrou

’n Windhoekse hotel, restaurant en konferensiesentrum maak sy eie bier volgens die Reinheitsgebot met net die beste mout en hop uit Duitsland.
Tanja Bause
Tanja Bause – Sowat 20 jaar gelede het mnr. Torsten Krumnow en me. Terri Low die Roof of Africa-hotel, -restaurant en -konferensiesentrum begin bedryf.

Afgesien van die restaurant is daar 27 kamers, konferensiegeriewe, ’n mikrobrouery én ’n slaghuis, wat die restaurant en kroeg van voorraad verskaf.

Die brouery is in Januarie 2018 aangebring, omdat Krumnow jare lank na regte pilsener-bier op soek was, en net lager-bier in Namibië beskikbaar was.

Twee jaar gelde is herstelwerk by Roof of Africa gedoen en terselfdertyd is ’n klein broukamer agter glas aangebring.

“Ons brou ses dae ’n maand bier en gaste kan die proses dophou. Hulle kan hier sit en ’n bier geniet, terwyl hulle kyk hoe dit gebrou word,” het hy gesê.

Krumnow het twee jaar lank oorweeg om sy eie bier te brou.

Hy het na Oostenryk gereis om die kuns van bierbrou te bestudeer.

Roof of Africa se bierbrou-toerusting is ook uit Oostenryk afkomstig en plaaslik laat installeer.

Die bier word volgens die Reinheitsgebot met net die beste mout en hop uit Duitsland gebrou. Ook die water word gefiltreer en dan met Naukluft-mineraalwater gemeng.

Tans word vier verskillende biere volgens die verskaffer van die brouery-toerusting se resep gebrou.

“Ons brou die Roof Draught, Roof Draught wat nie gefiltreer is nie, Roof Pilsener en Roof Dark Lager.”

“Die pilsener is nie so bitter soos dit waaraan ek gewoond is nie, maar die voordeel van ons brouery is dat ons ons bier volgens ons kliënte se smaak kan aanpas.”

Die bier word 12 ure lank in die vertoonbrouery gebrou voor dit na die kelder gepomp word, waar dit vir ses tot agt weke in vatte gis.

Dan word die bier na verskillende stoorvatte gepomp en van hier af is dit direk met ’n pyp aan die kraan in die kroeg gekoppel.

“Die bier het geen kontak met die buitewêreld tot dit in die glas is nie, en niks word bygevoeg nie. Dit word ook voortdurend koud gehou. Langs die vier bierpype wat na die kroeg lei, is twee yspype wat verseker dit bly koud.”

Roof of Africa se bier word slegs vir verbruik in die kroeg en restaurant gebrou en glad nie gebotteleer nie.

Maar dit is nie net Roof of Africa se bier wat tuisgemaak is nie. Op die perseel is ook ’n slaghuis wat alle vleissnitte, wors, ham, spek en polonies maak.

“Ons koop die bees of wildsvleis direk by die boer. Ek ken die boer persoonlik en weet presies wat ek kry. Die hele karkas word hier in ons slaghuis opgesny en verwerk,” het Krumnow gesê.

’n Duitse slagmeester sny die karkasse eenmaal ’n week op en maak wors.

“Ons maak byvoorbeeld ’n sampioenwors, lewerwors, bratwurst en wienerwurst. Ons gebruik alles. Die bene word vir souse, soppe en aftreksel gebruik. Daar bly niks van die karkas oor wanneer ons daarmee klaar is nie.

“Ons koop niks meer aan nie. Alle vleis wat met ontbyt bedien word, kom uit ons eie slaghuis. So ook alles wat met middag- en aandete bedien word.”

Die restaurant is sewe dae ’n week vir die publiek oop.

Funksiegeriewe vir tot 200 gaste is ook beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.81/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0087 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP DOWN -0.0274 | Platinum US$ 951.59/OZ UP +1.80% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.81/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0087 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP DOWN -0.0274 | Platinum US$ 951.59/OZ UP +1.80%