Koste laat Hage tweekeer dink
Estelle de Bruyn - Die beplande nuwe parlementsgebou, waarvan die aanvanklike beraamde koste N$800 miljoen was, maar nou na verwagting N$2,7 miljard sal kos, is ’n bron van kommer vir pres. Hage Geingob, soveel so dat hy dit tydens verlede week se besluitneming-kabinetsvergadering geopper het.
Dit is ’n toename van meer as 300 persent.
Die beplande nuwe parlementsgebou het hewige debatvoering in die media en ook op sosiale media uitgelok.
Geingob het daarop gewys dat die regering nie die rasionaal vir die beplande nuwe parlementsgehou voldoende geregverdig het nie.
Tog het die kabinet toegegee dat die oprigting van ’n parlementsgebou ’n belangrike onderneming is om die funksionering van ’n demokratiese staatsbestel te versterk. Ná voltooiing kan dit ook ’n nasionale bate en erflating vir toekomstige geslagte wees.
Die kabinet het gevolglik besluit om ’n mediakonferensie onder voorsitterskap van die visepresident, dr. Nickey Iyambo; die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila; die speaker, prof. Peter Katjavivi; die voorsitter van die nasionale raad, me. Margaret Mensah-Williams; die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi en die minister van inligting en kommunikasie-tegnologie, mnr. Tjikero Tweya, te belê om die redes vir die voorgestelde nuwe parlementsgebou uiteen te sit en duidelikheid te gee oor die finansiering van die projek.
Geingob het ook die indruk wat geskep is dat N$2,4 miljard in die huidige mediumtermyn-bestedingsraamwerk vir die parlement bewillig is, verwerp en ontken dat “die regering se bestedingsprioriteite misplaas” is.
In ’n verklaring deur die kantoor van die president word daarop gewys dat dié bestedingsraamwerk die regering se bestedingsprioriteite vir die volgende drie jaar uiteensit. Net N$58 miljoen van die kapitale besteding van N$32,5 miljard is hierin vir die nuwe parlementsgebou bewillig.
Om die bedrag in perspektief te sien, word daarop gewys dat die regering in dieselfde tydperk ’n minimum van N$8 miljard aan die ontwikkeling van primêre en sekondêre skole, gesondheidsgeriewe en die diens van grond en sanitasie sal bestee. ’n Verdere N$8 miljard is bewillig vir beleggings in die ekonomiese sektore en nog N$10 miljard vir die infrastruktuur, soos die rehabilitasie van die verouderde spoornetwerk, wat noodsaaklik is vir ekonomiese groei. Die versekering is ook gegee dat indien die inkomstestroom verbeter, meer geld vir die ontwikkeling van maatskaplike sektore beskikbaar gestel sal word.
“’n Projek soos die parlementsgebou kan nie in ’n kort tydperk afgehandel word nie en vordering daarmee sal afhang van die beskikbaarheid van geld asook ander mededingende prioriteite. Dit is dus moontlik dat die oprigting van die nuwe parlementsgebou tot ’n dekade kan neem om voltooi te word,” lui ’n verklaring deur die president se kantoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie