Kosinflasie kry 'n hou op die ken
Kosinflasie kry 'n hou op die ken

Kosinflasie kry 'n hou op die ken

Armes kan steeds nie bekostig om meer te eet
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Die nuus van 'n rekord mielieoes in Suid-Afrika is met gemengde reaksie ontvang.

Vir graanprodusente het die groot oes betekenisvolle prysneerdrukkende implikasies en ekonome wys daarop dat die bruto waarde van vanjaar se mielieoes laer sal wees as verlede jaar se oes wat minder as die helfte is van die geraamde 15,5 miljoen ton vanjaar.

Die voordeel is dat graanprodusente ten minste graan het wat verkoop kan word, want verlede seisoen se hoë pryse het net diegene gebaat wat wel oor graan beskik het.

Verbeterde produksie-omstandighede het die hele substreek gebaat en wel tot so 'n mate dat witmielie-uitvoere uit Suid-Afrika ander heenkome sal moet vind. Die Namibiese mielieoes is ook beduidend meer, maar nie genoeg om aan die binnelandse vraag te voldoen nie. Namibiese verbruikers kan egter betekenisvolle prysverligting verwag, aangesien Suid-Afrika se uitvoerpariteits­prys laag kan wees as gevolg van lae binnelandse pryse en die sterk rand.



Kosinflasie

Namibiese kosinflasie het betekenisvol gedaal die afgelope paar maande.

Gewone inflasie het soos kosinflasie in Desember 2016 gepiek op onder­skeidelik 7,3% en 12,7%, maar van Desember 2016 tot April vanjaar was die stygings egter net 3,8% en 1,3% onderskeidelik. In die ­ooreenstemmende tydperk in Desember 2015 tot April 2016 was dié syfers nog 4,4% en 8,1% onderskeidelik.

Kosinflasie as drywer van algemene inflasie was in April vanjaar slegs 15,5%, teenoor die 39% vir behuising, krag en ander energie.

Kosinflasie in Suid-­Afrika het in April ook duidelike tekens van verlangsaming getoon met 6,7% jaar-op-jaar toe­names en algemene inflasie op 5,3%. Die verlang­saamde kosinflasie volg op die dalende tempo van styging in die produsenteprysindeks van voedsel.

Laasgenoemde is die gevolg van die meer as 80% toename in die totale volume landbouprodukte geproduseer. Die geweldige groot somergraanoes gaan verdere stukrag gee en die pryse van byvoorbeeld mielies kan met meer as 65% daal teenoor wat dit die vorige seisoen was.



Veerkragtigheid

Die Suider-Afrikaanse landbou se veerkragtigheid is ondubbelsinnig bewys deur die herstelvermoë ná die goeie reën.

Laer bruto inkomste kan egter volhoubaarheid onder druk hou omdat produksiekoste nie inflasie kon ontsnap nie en in baie gevalle is die insette vir die rekordoes teen 'n swak wisselkoers ingevoer – brandstof- en kunsmiskomponente om net enkele te noem.

Daar kan dus verwag word dat die skulddiensvermoë van boere negatief beïnvloed is en dat boerderyeenhede steeds die gevaar loop om gelik­wideer te word. Gelukkig was daar selfs in plase met solvensie-uitdagings 'n kontantvloei wat van die skuldeisers vir eers gelukkig kan hou.

Op die verbruikersfront is daar egter vrae oor of die groter graanoes werklik 'n verskil gaan maak in die lewe van die armste van die armes. Pacsa, 'n nie-regeringsorganisasie in Pietermaritzburg, doen navorsing oor die impak van stygende kospryse op die lewensgehalte van arm Suid-Afrikaners.

Volgens Pacsa kos dit 'n gesin van sewe net meer as R2 000 per maand vir 'n basiese mandjie kos, maar wat nie voedingkundig gebalanseerd is nie. Só 'n mandjie sou net minder as R4 500 per maand gekos het. Arm gesinne kort dus meer as 50% van wat as noodsaaklik geag word.

Die impak hiervan is omvattend. Vir hierdie verbruikers is die daling in kosinflasie te min, te stadig – veral teen die agtergrond van die prys­skokke van die vooraf­gaan­de 18 maande waarin dié mandjie kos met by­­kans 25% toegeneem het.

Die impak van hierdie geweldige prysstygings is veral betekenisvol as die vlak van kinder- en ander toelaes opgeweeg word teen wat dit kos om kinders te voed wat vir kindertoelae kwalifiseer. Pacsa bereken dat die basiese voedingsbehoeftes van kinders tussen die ouderdomme van 3 en 9 jaar in April vanjaar R576 was, teenoor die kindertoelae van R350.

Dié jongste feite dui op die impak van ander maatskaplike versteurings, waarvan stygende werkloosheid die belangrikste is.

Nie alleen neem die afhanklikheid van sosiale beskerming soos staatstoelaes toe nie, maar die vermoë om munt te slaan uit laer pryse van stapelvoedsel, is ook in gedrang. Arm mense kan dus eenvoudig nie bekostig om meer te eet nie.

'n Afname in die finale vraag kan die prysneerdrukkende impak van die rekordoes dus verder beïnvloed.

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.9 | EUR to NAD 19.57 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.04 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.04 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.29/OZ UP +0.04% | Copper US$ 5.10/lb UP +0.49% | Zinc US$ 3 186.80/T UP 1.84% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0078 | Platinum US$ 1 055.80/OZ UP +0.56% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.9 | EUR to NAD 19.57 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 18.04 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.04 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 427.29/OZ UP +0.04% | Copper US$ 5.10/lb UP +0.49% | Zinc US$ 3 186.80/T UP 1.84% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0078 | Platinum US$ 1 055.80/OZ UP +0.56%