Kosie u2013 u2019n man van formaat
Kosie u2013 u2019n man van formaat

Kosie – ’n man van formaat

Mandy Rittmann
HELEEN MCDONALD VAN WINDHOEK SKRYF:

Sover my bietjie politieke geheue kan onthou, was (wyle) Kosie Pretorius byna ’n huishoudelike naam in die ou Suidwes-Afrika en in die nuwe Namibië.

Sy stem het verlede Vrydag, 14 Julie 2017, stil geword op die ouderdom van 81 jaar.

My generasie Afrikaner sal Kosie onthou as ’n man van die hoogste integriteit. ’n Man wat Godswoord in sy hart gedra het en dit verskrokke, ook as politikus, na buite uitgeleef het. Hy het geensins geskroom oor die waarheid nie. Gebeure en besluite van die dag het hy sorgvuldig en getrou gemeet aan hoe in lyn dit met die Woord van die Here is, want dis die pad wat hy gestap het.

Hy het die geskiedenis, die landspolitiek, die Grondwet en wat in die Nasionale Vergadering besluit is en in notules aangeteken staan, tot op die letter geken. Hy was mede-skrywer aan die Namibiese Grondwet en het daarmee een van die stigtersvaders van Namibië geword.

Liberale het geen kans met hom om oortuiging gehad nie. Hy was nie ’n man van verdigsels of storietjies in fyn snesies of leë beloftes aan sy landsburgers om hul te mislei of populariteit of ’n stem te soek nie.

Op krom paaie het hy hom nie bevind nie. Hy het nie sy mede-Afrikaner in die steek gelaat nie.

Hy was nie ’n askiesmens nie, omdat hy met eerlikheid en vaste oortuiging geleef het. Hy het rotsvas vir die waarheid en reg opgestaan.

Sy politieke opponente kom met hom geen kompromie aangaan. Nog tot baie onlangs het jy gereeld in die briewekolom van Republeikein sy skrywes kon lees waar hy verdraaide politieke aangeleenthede aanspreek en die waarheid toelig met konkrete bewyse uit die argiewe.

Met Namibiese onafhanklikheidswording in 1990 was dit heel verrassend toe ’n paar blankes tog in die Nasionale Vergadering opgeneem is. Mnr. Kosie Pretorius het 2%, 'n handjievol met Christen-beginsels en –moraal verteenwoordig.

Met die tweede verkiesing het hy in die Nasionale Vergadering as opposisieleier, sy verteenwoordiging op grond van verdienste en respek gekry. President Nujoma het hom daarmee vereer weens sy ’n waardige voorbeeld.

’n Vorige eerste minister, mnr. Hage Geingob (huidige president), het destyds by een geleentheid vir Kosie uitgesonder as die enigste man wat sy huiswerk oor ’n saak doen en na wie in die parlement geluister kan word. Hy was ’n man wat glo dat dat as jy vashou aan die waarheid en vaste beginsels, sal jy op die end as korrek bewys word – maar het hy ferm bygevoeg: dan moet jy met die regte waarheid begin.

Kosie se benadering was dus konstant uit ’n waarheids- en Christen-perspektief teen die agtergrond van sy ryke kennis, ervaring, wysheid en geloofsoortuiging. Die opposisie het nie altyd saamgestem nie, maar hy het respek afgedwing en het hom nooit in spervuur betrek nie.

’n Godsman na wie opgesien kon word, was die lang fors geboude man, Kosie – ’n lewenslange politikus - wyd belese en besadig en ’n waardige "gentleman" met weldeurdagte, beredeneerde standpunte voor sy teenstander. Hy het die gawe van geestesbeheersdheid gehad juis omdat hy diep gelowig was.

Weens die hoë agting waarmee hy uit die buiteland dopgehou was, het “The 21st Century Award for Achievement” van die International Biographical Centre-toekenning van Cambridge Universiteit in Engeland in 2003 hom te beurt geval. In 2004 het hy van die VSA van The American Biographical Institute die “The Order of Excellence”-toekenning as lewenslange gesoute politikus ontvang.

Gewis, Kosie Pretorius was ’n reuseseder wat in die Namibiese Afrikanervolk en Namibiese nasie geval het.

In sy laaste lewensjare het hy hom beywer vir die tot standkoming van ’n museum in Windhoek waar ons erfenis, lewe en geskiedenis en bydrae tot Namibië gedenk kon word. Hierdie lewensideaal het hy en sy ewe bekwame bestuur kon verwesenlik.

Kosie, ek glo die Here sal jou eer vir jou aardse taak as landsleier en jou insette en arbeid in die Akker van die Hemelse Koninkryk. Jy was ’n voorbeeld by uitstek.

Soms het Kosie by my en my man aan huis gekom waar ons diep sinvolle gesprekke oor ’n koppie koffie of tee kon voer, maar ook heerlik kon saam lag. Wat ’n diep nederige en goeie geesgenoot op die lewenspad om te ken.

’n Man van formaat! Rus in vrede, ou maat.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.12/OZ UP +1.61% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.06% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 1 087.10/OZ UP +2.40% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.85 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.12/OZ UP +1.61% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.06% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.31/BBP UP +0.63% | Platinum US$ 1 087.10/OZ UP +2.40%