Kos vir hongeres
Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te klein om ’n verskil tydens die Covid-19-krisis te maak nie.
”Hoe meer ek met mense praat, hoe meer besef ek hoeveel behoefte daar is. Behoeftes aan klein goed wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar. Ek het myself begin vra waar ek ’n verskil kan maak.”
Vermeulen verskaf tans kos aan behoeftiges in haar omgewing.
“Ons in die geleentheids- en gasvryheidsbedryf kry tans baie swaar met al die funksies wat gekanselleer of verskuif is, dus kan ek nie finansieel bydra nie. Maar ek het steeds soveel om voor dankbaar te wees dat ek sal bydra en help waar ek kan.”
Vermeulen sê sy was besig om oorskietkos uit te skep en het besef daar is oorgenoeg kos vir ten minste twee borde.
Dit is hoe die idee om borde kos aan mense te verskaf, ontstaan het.
Sy en haar man, Michael, het op sosiale media gevra mense wat nie kos het nie, moet hulle kontak.
“Dit was ongelooflik hoeveel mense in hierdie moeilike tyd nie eens ’n bord kos vir die dag het nie. Ons het Saterdag al begin en ses borde kos weggegee.”
Michael het lasagne, soetpatats en slaai vir dié doel gemaak.
“Ek het toe skaapbredie en rys gemaak. Ons maak lekker huiskos.”
Mense wat betrokke wil raak, kan kos skenk.
Die Vermeulens sal al die skenkings self kon oplaai, verpak en aan behoeftiges versprei.
“As jy kan help, help jou medemens – al is dit met iets kleins soos twee borde kos.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie