Koës Pan Rally gedenk 35ste jaar

Die jaarlikse bymekaarkom vir avontuurfietsryers van oral in Namibië en Suid-Afrika geskied komende naweek op die suidedorp.
Die Koës Pan Rally het sy ontstaan in 1985 gekry toe oorlede Koos Retief en die destydse skoolhoof Jan Tyres stry gekry het oor wie se bakkie die vinnigste en taaiste is.

Ander groot name soos oom Ewert Smith en Kiewiet de Villiers was ook betrokke met die gejaag om te sien wie se bakkie dan nou die beste is. Die manne het die jaery so geniet dat besluit is om dit ’n amptelike jaarlikse instelling te maak.

Komende Saterdag is dit die 35ste jaarlikse aanbieding van dié groot gebeurtenis op die klein suidedorpie en die organiseerders nooi ieder en elk uit om van dit ’n lekker familienaweek te kom maak.

Vrydag is daar eers ’n 200 km uithoutydren wat deelmaak van die nasionale reeks, asook die Suide-kampioenskap waarvan die ander twee byeenkomste in Keetmanshoop en Oranjemund plaasvind.

Die manne en vroue neem deel in verskillende klasse met spesiaal geboude twee- en vierwieltrekvoertuie asook twee- en vierwielmotorfietse. Hier is dit gewis nie altyd die vinnigste ouens wat wen nie, want dit is ’n groot uitdaging net om die 200 km klaar te maak en jou voertuig in 1 stuk te hou.

Saterdagoggend word afgeskop met ’n mini-resies vir die klein motorfietsryers op ’n spesiaal voorbereide baan in die pan en dit is ’n groot hoogtepunt om die groentjies te sien ry en skaterlag. Bring gerus u kleintjie saam Koës toe met sy of haar twee- of vierwielmotorfietsie en geniet dit saam as hulle breëbors klaarmaak en deel voel van die rally.

Die tweede item van die dag is die hindernisbaan wat ’n kort, toeskouervriendelike baan is. Al die verskillende klasse motorfietse en voertuie neem deel en sorg vir baie naelbyt en jolyt as almal kan sien hoe die ryers en drywers mekaar jaag en probeer verbysteek. Hierdie item sorg vir baie stof en adrenalien.

Hierna word oorbeweeg na “Sprints/Drags”, waar elke jaar net meer en meer voertuie bykom wat mekaar uitdaag om die ewige braaivleispraatjies oor wie se Ford is vinniger as die ander se Hilux vir eens en altyd uit te klaar. Die voertuie neem in verskillende klasse deel om dit so regverdig as moontlik te maak.

Die laaste item vir die dag is die duinklim-uitdaging en hier sien ons soos by die Sprint-voertuie van alle enjingroottes en fabrikate wat mekaar aanvat om as koning van die duine bekroon te word.

Vir die meeste mense is die hoogtepunt natuurlik die Suidemense se gasvryheid en natuurlik die lekker kos soos braaivleis, afval, koeksisters en pannekoek wat deur die tannies van die NG kerk op Koës smaaklik voorberei word.

Vrydagaand sowel as Saterdagaand word die prysuitdeling by die Koës Boerevereniging se saal gehou. Ná afloop hiervan word gemakietie tot in die vroeë oggendure.

Die Koës Pan Rally het ’n jaarlikse bymekaarkomgeleentheid geword vir avontuurfietsryers van oral in Namibië en Suid-Afrika. Die mense kuier lekker en kom elke jaar terug.

Oor die jare het die Koës Pan Rally geweldige groei beleef en dit is te danke aan die vele borge wat elke jaar betrokke is – soos Total Namibia, Toyota Mariental, Super Tyres FNB Namibia en Wesbank, om net ’n paar te noem.

Die klein dorpie bars behoorlik uit sy nate tydens die byeenkoms en verblyf was altyd ’n uitdaging, maar die laaste vier jare is ’n vennootskap gesluit met I-Dream Africa wat ’n vyfster tentedorp kom oprig. Dit het geweldige aftrek by ons besoekers in 2018 gekry met bykans 80 tweemantente in die tentedorp en die getalle raak jaarliks steeds meer.

“Kom geniet die 35ste Koës Pan Rally saam met ons, dit beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees,” sê die organiseerders.

Vir algemene navrae en verblyfbesprekings kan die volgende persone gekontak word: Rickus 081 128 0126 of [email protected]; Cathy 081 859 8948 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.05 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.88 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.01/OZ DOWN -0.0041 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 985.30/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 1 076.02/OZ UP +0.58%