Kos in Noorde uitgedeel
Die ministerie van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn en het koring aan minderbevoorregte inwoners in die Noorde van Namibië uitgedeel.
“Die verspreiding van kos is nie die enigste manier om armoede uit te wis nie. Ons moet verseker ons gemeenskap word opgelei sodat hulle hul kinders skool toe kan stuur. Dié met vaardighede moet in diens geneem word of ander mense in diens neem. Dié met hulpbronne moet vir die res volhoubare geleenthede skep en hul hulpbronne met minderbevoorregtes deel. Dit is van die stappe wat ons moet onderneem om armoede uit te wis,” het die adjunk-minister, eerwaarde Aino Kapewangolo, tydens die oorhandiging gesê.
Die skenking is moontlik gemaak deur Divundu se korrektiewe dienste. Die ministerie het ’n beroep op die private sektor en die gemeenskap van Kavango-Oos gedoen om te verseker kinders ly nie honger nie.
“Die president se versoek aan almal om te help om armoede uit te wis, is deur Divundu se mans in uniform en gevangenes gehoor. Hulle het besluit om kos te skenk om te verseker dat niemand honger ly nie,” het Kapewangolo gesê.
Volgens die adjunkminister is haar ministerie besig met ’n voedselvoorsieningsprogram vir die kwesbaarste mense. In Junie 2016 het die ministerie met voedselbanke in Windhoek begin.
"Met dié skenking kan ons nou ook voedsel aan mense in ander streke voorsien,” het Kapewangolo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie