Kos en kruie loop hand aan hand
Kom kuier en kook saam met 'n celeb chef en tuinboughoeroe.
Besoekers by die Omaruru Kunstefees kan gerus saam met Namibië se eie celeb chef Sanet Prinsloo en die befaamde tuinboughoeroe Johan Wentzel kom kook, skoffel en twak praat.
Dié twee gaan op 31 Augustus aan die spits van 'n kookkompetisie wees, asook kook- en tuinboudemonstrasies in die loop van die Omarururivier doen.
Die verrigtinge skop om 11:30 af en die toegangsgeld van N$150 sluit 'n piekniekete in.
Prinsloo is in Windhoek gebore en het in 1986 aan Windhoek Hoërskool gematrikuleer. In 1991 het sy 'n BSc Huishoudkunde-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Daarna is sy gewapen met 'n werksvakansievisum na die Verenigde Koninkryk toe waar sy in verskeie restaurante gewerk het.
Haar pad het gekruis met dié van Antony Worrall Thompson wat die BBC Food-kanaal begin het, en ook met dié van James Martin, tans 'n grootkop van dieselfde program.
Saam het hulle gereeld keurige kos vir die rykes en beroemdes opgedis.
Van 2012 tot 2018 was sy die president van die Namibiese Sjefsvereniging. Sanet en haar getroue Namchefs-span fasiliteer die Sjef van die Jaarkompetisies, asook die Nasionale Boerewors-kompetisie vir Checkers die afgelope sewe jaar.
Sanet doen ook demonstrasies oraloor die land, bedryf die Sjefsteater by die Namibië Toerisme Ekspo, en het die afgelope tien jaar die Nasionale Braaikompetisie georganiseer.
Sy is altyd besig met kos en geniet steeds elke oomblik daarvan.
Johan het lank gelede 'n plantestalletjie gehad by die destydse Hoofstraatmark wat een keer 'n maand in Windhoek gehou is.
Die stalletjie is “platgeloop” deur kopers en Johan het ná 'n jaar of wat met 'n kwekery begin.
Die Wilde Eend Kwekery het in 'n ommesientjie in 'n voltydse besigheid uitgebrei en teen 1986 het dit Johan voltyds besig gehou.
Die Afrikaanse Diens van die NBC nader Johan in 1987 om 'n praatjie oor plante te hou – die program Tuinbou ABC bestaan tot vandag toe. Johan bied ook op versoek lesings oor tuinbou en kruie landswyd aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie