Kortnuus
Beesvleisuitvoere na China wag vir goedkeuring
Die uitvoer van Namibiese beesvleis na China is nog nie gefinaliseer nie en die land wag op goedkeuring van die Chinese regering.
Volgens Meatco se senior kommunikasiebeampte, me. Undamuje Hambira, moet die maatskappy sekere uitstaande kwessies uitstryk voordat die transaksie beklink kan word.
Hierdie sake behels onder meer die verbetering van Meatco se kwarantynrekord vóór slagting; beter personeelbewustheid van higiëne en betering verifiëring voordat ondernemings in China aanbeveel word. Meatco het aandag aan hierdie kwessies geskenk en is besig om aan die Chinese regering terug te rapporteer.
Namibië sal die eerste Afrikaland wees wat vleis aan die been na China sal uitvoer.
Meatco, Witvlei Meat en Brukkaros Meat Processors wag tans op goedkeuring vir vleisuitvoere na China.
“Die Chinese mark is baie belangrik vir Meatco en dit hou verskeie bykomende geleenthede vir die bemarking van ons produktereeks in,” het Hambira gesê.- Nampa
Werksetiek en menslikheid moet gesondheidswerkers lei
’n Totaal van 343 ingeskrewe verpleegsters en gesondheidswerkers het Woensdag hul grade en diplomas ontvang.
Gegradueerdes het vir twee jaar aan die nasionale gesondheidsopleidingsentrums in Windhoek, op Keetmanshoop, Otjiwarongo, Oshakati, Onandjokwe, Katima Mulilo en Rundu gestudeer.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernhard Haufiku, het die gegradueerdes gelukgewens omdat hulle ten spyte van vele uitdagings hul studies voltooi het.
“Dit is ’n oproep om diens te lewer. Hierdie professie is nie ’n maklike een nie. Dit is belangrik om getrou te bly aan jou waardes, etiek en menslikheid. Dit is die kwaliteite wat jou deur hierdie reis sal dra,” het hy gesê.
Uitdagings wat studente oorkom het, was tekorte aan personeel en akkommodasie sowel as vertragings in die verkryging van studiebeurse.
Haufiku het ’n beroep op die gegradueerdes gedoen om nie net gerieflike plekke te soek om te werk nie, maar om in enige kapasiteit te dien in die omgewing waar hulle hulle bevind.- Nampa
Nujoma vra vir vrywilligers op Ondangwa-Oshakati-spoorlyn
Stigterpresident Sam Nujoma bevind hom tans in die Oshanastreek waar hy aan die 28 km Ondangwa-Oshakati-spoorlynprojek werk.
Op die konstruksieterrein naby die Okapya-nedersetting het die goewerneur van die Oshanastreek, mnr. Clemens Kashuupulwa, die burgemeester van Oshakati, me. Katrina Shimbulu, en sowat 100 jeugdiges van die Nasionale Jeugdiens (NYS) by Nujoma aangesluit. Hy het gesê dit is belangrik vir lede van die gemeenskap om hul arbeid by te dra.
“Dit is belangrik dat ons as ’n verenigde nasie saamwerk, omdat ek altyd sê dat mense wat verenig is, sal oorwin,” het Nujoma gesê. Hy het Namibiërs versoek om as vrywilligers by nasionale ontwikkelingsprojekte aan te meld om sodoende die land op te bou en nie vir mense van ander nasies te wag om dit vir hulle te doen nie.
Volgens beplanning sal die trein al volgende jaar tussen Ondangwa en Oshakati loop.
Nujoma se visie is vir die treinspoor om van Oshakati na Opuwo in die Kunenestreek deur Okahao in die Omusatistreek te loop.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie