Kortnuus

Jo-Mare Duddy Booysen
Nevada



Trump van verhoog verwyder



Die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump is van die verhoog in Nevada deur veiligheidsmanne verwyder.

''n Woordevoerder vir die Amerikaanse geheime diens het in ''n verklaring gesê daar was ''n oproering in die gehoor naby die verhoog omdat iemand glo “pistool” geskree het. Geen wapen is gevind na ''n “deeglike soektog” nie, het hy volgens CNN gesê.

''n Man wat aan verslaggewers gesê het hy is Austyn Crites, is deur die geheime diens en die polisie uit die vertrek geneem. Daar was taakmaglede met outomatiese gewere in die vertrek waar Trump gepraat het.

Volgens die polisie is niemand in hegtenis geneem nie. 

– Netwerk24/CNN



Kunduz



Babas, vroue ''waarskynlik'' dood, erken VSA



Amerikaanse magte in Afganistan het Saterdag erken dat sy lugaanvalle op die noordelike provinsie van Kunduz “waarskynlik” tot burgerlike sterftes gelei het.

Ten minste 32 mense, insluitende babas, kinders en vroue, het Donderdag gesterf en dosyne is beseer toe hul huise op die buitewyke van Kunduz gebombardeer is terwyl hulle geslaap het.

Die sterftes het opstande in die Boze Qandahari-nedersetting veroorsaak wat op die vervolging van die oortreders aangedring het.

– Netwerk24/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-07-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer