Kortnuus 20 April 2021
Rehoboth
UPM skaar hom agter nuwe kaptein
Die United People’s Movement (UPM) moedig mense aan om aan die verkiesing van ‘n nuwe volksraad vir die Bastergemeenskap deel te neem.
Die koalisievennoot van die Popular Democratic Movement (PDM) sê hy erken mnr. Jacky Britz as nuutverkose kaptein. Die aantal jong mense wat aan die kapteinsverkiesing deelgeneem het, is volgens mnr. Jan van Wyk, waarnemende president van die UPM, bemoedigend.
Britz het volgens hom almal se ondersteuning nodig om probleme op te los en die regmatige erkenning van die inheemse volk te verseker.
Katima Mulilo
Zambezi kry museum
Ekologie is naas kultuur en tradisie die sentrale fokus van die nuwe museum op Katima Mulilo wat Dinsdag virtueel ingewy is.
Die museum beeld uit hoe mense by die omgewingsuitdagings van die rivierstreek aangepas het.
Me. Esther Moombolah-Goagoses van die Erfenisraad het die museum as ‘n belangrike opvoedkundige werktuig beskryf wat inheemse kennis deur bewaring aan die jeug kan oordra.
Die Europese Unie (EU) het N$3,5 miljoen vir die projek bewillig. – Nampa
Windhoek
Sterftes weens Covid-19 styg opnuut
Die tien nuwe sterftes wat Maandag aan Covid-19 toegeskryf is, het die gemiddelde dodetol vir Mei tot 4 per dag opgestoot.
Nege en sestig mense het reeds in Mei weens die virus gesterf.
Die daaglikse gemiddeld is effens hoër as in Maart en April, en net-net laer as in Januarie.
Van die persone was 38 (55%) mans en 31 (45%) vroue. Tagtig persent het aan siektes onder lede gehad; 33 (48%) was 60 jaar of ouer en 22 (32%) tussen 50 en 60 jaar oud.
Khorixas
Hardap steek by Erongo kers op
Goewerneurs Neville Andre Itope van Erongo en Salomon April van Hardap het
Maandag gesels oor hoe hul streke kan saamwerk.
Armoede, werkloosheid en ongelykheid is volgens Itope wedersydse probleme.
April en sy span sou ook vismaatskappye en myne besoek om ontwikkelingshulp vir die Suide te werf. Die besoek het Dinsdag ten einde geloop.
Erongo kan volgens Itope by Hardap leer hoe om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder. – Nampa
Mpezo
Omgewingsbewaarders sonder brandstof
Bewaarders in Kavango-Wes kon volgens die gebied se hoofbewaarder, me. Selma Angolo, in Mei nie spoedig op voorvalle van mensdierkonflik reageer nie weens ‘n tekort aan brandstof.
Sy was Maandag aan die woord by ‘n gemeenskapsvergadering in die Mankumpi-kiesafdeling. Inwoners van Mapanda, Mahahe en Woma het oor dieselfde probleem gekla. In totaal is 27 landerye al vanjaar deur olifante vernietig.
Dit is volgens Angolo tans die “taaiste tyd” nog vir die regering. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie