Kortnuus
Profica open kantore in Tanzanië en Uganda
Die konstruksie- en eiendomsmaatskappy Profica het nuwe kantore in Tanzanië en Uganda geopen om sy bedrywighede in Oos-Afrika te versterk.
Profica is reeds sterk verteenwoordig in Kenia en Rwanda.
Thierry Giannone, Profica se direkteur vir Oos-Afrika, sê al is hulle al 'n ruk bedrywig in Oos-Afrika is hul hoof-bedryfstak eers amptelik in 2015 in Nairobi gevestig.
In Uganda het die groep reeds 'n projek vir Google voltooi. In Kenia is projekbestuur gedoen vir kantoorruimte vir Booking.com, asook vir Google.
Atterbury bou winkelsentrum in Ghana
Atterbury Property Development open op 20 April die nuwe Kumasi City Mall in die stad Kumasi in Ghana. Dit is Atterbury se vierde kleinhandelprojek in Ghana.
Die eerste drie ontwikkelings was al drie in die hoofstad Accra, naamlik die Accra Mall, die West Hills Mall en die Achimota Mall.
Die nuwe winkelsentrum van 18 500 m² kan met nog 10 000 m² uitgebrei word.
Beste vrouetegnoloë in Afrika gesoek
Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) hou vanjaar weer 'n kompetisie om die beste vrouetegnologie-innoveerders in Afrika te vind.
Enige vroue-entrepreneur wie se onderneming minder as drie jaar oud is, wat innoverende tegnologie of sakemodelle gebruik en minstens al een jaar van inkomste gegenereer het, kan hulle inskryf.
Die onderneming moet ook kan wys dat dit ekonomiese en sosiale potensiaal het.
Die kompetisie sluit 17 April. Die vyf top-entrepreneurs sal voor die WEF se Afrikaberaad van 3 tot 5 Mei in Durban deur 'n paneel van kundiges gekies word, en hulle sal die geleentheid kry om aan die beraad deel te neem.
Nuwe hotel in Mauritius
Die hotelgroep Marriott International het planne om 'n nuwe hotel as deel van sy Aloft-handelsmerk in Port Louis in Mauritius te open.
Die opening word vir vroeg 2019 beplan.
'n Kantoorgebou van nege verdiepings in die sentrale sakegebied van Port Louis gaan omskep word in 'n hotel met 150 ruim kamers, sê Marriott.
GE Oil & Gas in Ghana
General Electric Oil & Gas het 'n nuwe dienssentrum by die Takoradi-hawe in Ghana geopen om werkers in die olie- en gasbedryf op te lei.
Dit sal ook diens lewer aan diepseeprojekte aan Ghana se kus.
Dit behels 'n binnenshuise toetsgebied vir ondersese boorgatinstallasies, asook stoorplek.
Die infrastruktuur word reeds benut vir steun aan die Italiaanse oliegroep Eni se Cape Three Points-diepseeprojek waarvoor GE Oil & Gas ondersese toerusting lewer.
Nuwe vlug uit Wes-Afrika na Goudstad
Die Afrikalugdiens ASky begin op 8 April 'n nuwe regstreekse vlug tussen Lomé en Johannesburg.
Lomé is die hoofstad van Togo in Wes-Afrika.
Daar sal vier vlugte per week tussen die twee stede wees. 'n Boeing 737-800 met 16 besigheidsklassitplekke en 138 sitplekke in ekonomiese klas sal op die roete gebruik word.
Dit sal Johannesburg vir die eerste keer verbind met die groeiende ASky-netwerk in Wes- en Sentraal-Afrika.
Passasiers van Abidjan, Bamako, Conakry, Dakar, Douala, Lagos, Libreville, Niamey, Ouagadougou en Yaoundé sal nou via Lomé na Johannesburg kan vlieg. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie