Korter roete vir Kaapse fietstoer beplan
Padfietsry
As jou fiets meestal stof vergaar, of as jy net soms om die blok ry, het jy nou iets om voor te oefen: ’n korter roete in die Kaapstad-fietstoer.
Die organiseerders van dié wedren in en om Kaapstad het gister bekend gemaak hulle finaliseer ’n bykomende, korter roete vir 2020 se byeenkoms.
David Bellairs, direkteur van die Kaapstad-fietstoertrust, sê hulle werk saam met die Kaapstad-metro en finaliseer nog die besonderhede.
“Die idee is dat die korter roete die Saterdag gery sal word, gevolg deur die 109 km die Sondag,” sê Bellairs.
“Ons besef die 109 km is dalk ietwat uitdagend vir beginners en diegene wat minder fiks is. Ons wil dit ’n inklusiewe byeenkoms maak en jong mense ook aanmoedig om te ry.
“Dit moet pret wees met kleurryke kostuums. Ons wil leunstoel-atlete bo-op fietse kry, sodat hulle ook die kameraderie van die geleentheid kan ervaar,” sê Bellairs.
Vroeër vanjaar het 35 000 ryers in die 109 km getrap.
Die roete is vier jaar gelede tot 47 km verkort nadat verwoestende veldbrande dele van die roete onbegaanbaar gemaak het.
Die roete was toe 47 km van die begin tot die einde van die M3 en terug na die eindpunt in Groenpunt.
Die korter roete sal na verwagting iets soortgelyk wees. Besonderhede sal later bekend gemaak word.
Volgende jaar se volle Kaapstad-fietstoer is op 8 Maart. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie