Kort nuus - Misdaad
Kort nuus - Misdaad

Kort nuus - Misdaad

Okatope

Pasgebore baba in toilet gegooi

'n Graad 10-leerling (21) is vir die verberging van ’n geboorte in hegtenis geneem ná 'n 11-jarige meisie Saterdagmiddag op bloeddeurweekte lakens afgekom het en haar ouma daarvan vertel het. "Die ouma het die leerling ondervra, wat glo erken het sy het haar swangerskap van agt maande beëindig," lui die Namibiese polisie se misdaadverslag. "Die verdagte het na bewering op 14 Februarie geboorte aan 'n babameisie in die Onambugulu-nedersetting naby Onyaanya geskenk terwyl haar familie geslaap het." Sy het glo haar baba in 'n plastieksak toegedraai en haar in 'n openbare toilet gegooi. Die verdagte het later haar ouma na die toilet geneem en die babalykie is verwyder.

Swakopmund

Ma los baba in hospitaal

'n Vrou (21) het haar babaseuntjie in die staatshospitaal gelos en spoorloos verdwyn nadat sy geboorte aan hom geskenk het. Volgens die polisie het die ma verkeerde kontakbesonderhede aan die hospitaal verskaf. "Die baba is gesond en in die sorg van maatskaplike werkers," sê die polisie. Die polisie doen 'n beroep op die publiek om enige inligting oor die vrou, me. Evelina Gass, aan hoofinsp. Selma Shangula by 081 667 6820 of aan die naaste polisiekantoor te verskaf.

Wanaheda

Moord lei tot selfmoord

'n Sekuriteitswag, mnr. Sakaria Kuhangwa (33), het glo Vrydag om 20:35 by 'n huis in in Nangula Francstraat in Babylon sy oom, mnr. Erikson Mutilifa (52), doodgeskiet waarna hy die vuurwapen op homself gerig het. Albei is op slag dood. "Die verdagte het na bewering na sy niggie se kamer gegaan en haar om haar hand gevra. Die oom het hom gekonfronteer en hy het uit woede buite 'n skoot met sy dienshaelgeweer afgevuur. Hy het teruggegaan in die huis in en toe sy oom hom weer konfronteer, het hy hom noodlottig in die bors gewond. Daarna het hy homself in die kop geskiet," sê die polisie. Die naasbestaandes is daarvan ingelig.

Rundu

Eenjarige dood in gat gevind

'n Eenjarige se liggaam is Saterdag om 14:00 in 'n gat gevind wat agter 'n sinkhuis in die Ndama-lokasie gegrawe is. Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Oshekasheka

Bejaarde sterf ná hy glo vleis eet

'n Pensioenaris, mnr. Shitaleni Petukeni (84), wat Donderdag pas sy pensioen ontvang het en vleis by 'n stalletjie in die Oshekasheka-nedersetting gekoop het, het gesterf pas nadat hy die vleis geëet het. 'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

Ondangwa

Negejarige verdrink in put

Rosalia Ilekka (9) het Vrydag omstreeks 18:00 in die Ondiiyala-nedersetting naby Ukwiyu-Uushona verdrink nadat sy water gaan haal en in 'n put geval het.

Onandjaba

Ouma vind kleinseun in waterpoel

Die vyfjarige Sem Paulus het Saterdag tussen 13:00 en 16:00 by die Ongali-nedersetting naby Okando bokke opgepas en nie weer huis toe gegaan nie. "Sy ouma het agtergekom die bokke is alleen gelos en sy het na hom begin soek. Sy het later sy liggaam in 'n poel water buite hul heining gevind," sê die polisie.

Wanaheda

Twee met beheerde wildprodukte vas

Twee Namibiërs, 'n 39-jarige man en 'n 47-jarige vrou, is Saterdag om 13:30 in die Havana- informele nedersetting in die besit van luislangvleis en -kop, asook 'n skilpaddop in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

Du Plessis

Man in hegtenis oor veediefstal

'n Man (45) is in hegtenis geneem en nóg twee verdagtes word nog in verband met veediefstal gesoek. "Tussen 25 Januarie en 16 Februarie het die verdagtes glo ses beeste uit die Epukiro Du Plessis-weidingsgebied verwyder en vir N$45 000 in die Ombuyongana Epukiro-gebied verkoop. Die beeste is teruggevind," sê die polisie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.24/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.09% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042