Kort nuus u2013 Internasionaal
Kort nuus u2013 Internasionaal

Kort nuus – Internasionaal

Parys

7 beseer in mesaanval

Die polisie in Frankryk het ’n man in hegtenis geneem wat laat Sondagaand ’n groep mense met ’n mes aangeval het.

Sewe mense is gewond, van wie vier se toestand ernstig is.

’n Bron in die aanklaer se kantoor het die inligting verskaf, maar meen in die stadium dui die ondersoek dat die voorval nie verwant is aan terrorisme nie.

Die polisie het die gebied om die stad se 19de administratiewe gebied afgesper. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer