Kort Nuus – Internasionaal
Brittanje
Hier kom nóg vurige twiste oor Brexit
Die debat oor Brexit sou gister in die Britse parlement voortgesit word, wanneer die handelswet bespreek word. Dié wet gee Theresa May, die premier, se regering die nodige magte om nuwe handelsverhoudinge oor die wêreld heen te bou, nadat die Verenigde Koninkryk (VK) die EU verlaat.
LP’s wat ten gunste daarvan is dat Brittanje deel bly van die Europese Doeane-unie (wat ook bestaan uit lande wat nie noodwendig lid van die EU is nie) gaan probeer om dié handelswet se bewoording te verander, berig BBC.
Maandag het May haar doanewetgewing met ’n meerderheid van slegs drie stemme deurgevoer nadat sy noodgedwonge die bewoording moes verander om ’n volslae rebellie teen haar in die parlement te keer.
Sy moes die “Eurosceptics” of “Brexiteers” tevrede stel wat gemeen het die wetgewing laat té noue bande tussen Brittanje en die EU toe.
Die VK sal die EU na verwagting op 29 Maart 2019 verlaat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie