Kort Nuus - Internasionaal
Thailand
Sokkerseuns leer nou swem, duik
Reddingswerkers in Thailand het Woensdag begin om die seuns wat al 11 dae in 'n grot vasgekeer is, te leer swem en duik.
'n Span wat 'n dokter, paramedikus, 'n berader en duikers van die Thaise vloot insluit, is deurlopend by die 12 jong sokkerspelers en hul hulpafrigter wat op 'n groot rots in die Tham Loe-ang-grotte vasgekeer is.
Hulle word versorg terwyl kenners planne beraam om hulle so gou moontlik daar uit te kry.
Die groep kry kos wat maklik verteer en 'n hoë-energie-inhoud het.
Regeringsamptenare het dit ook as “blote bespiegeling” afgemaak dat die seuns nog tot vier maande daar vasgekeer kan wees. – Netwerk24
Korsika
Franse help WOII-vlieënier se oorskot herwin
Franse duikers help die Amerikaanse weermag om bewysstukke in te samel van 'n Amerikaanse P-47 Thunderbolt-vliegtuig wat in die doodsnikke van die Tweede Wêreldoorlog langs die kus van Korsika neergeskiet is.
Die doel hiervan is om te bepaal wie die vlieënier was en om sodoende die Amerikaanse weermag te help om sy belofte na te kom dat geen krygsgevangenes of soldate wat op die slagveld sneuwel, agtergelaat sal word nie, ongeag hoe lank dit neem om hul oorskot te vind.
Dit is 'n kwessie van eer vir die Amerikaanse gewapende magte: Jy los nie iemand op die slagveld nie.
MailOnline berig tien Franse duikers help die Amerikaanse span sedert 25 Junie om wrakstukke en sediment na die oppervlak te bring. Die wrak lê sowat 18 m diep aan Korsika se oostelike kus, sowat 40 km suid van die hoofstad, Bastia.
Die vliegtuig is in die 1980's ontdek en in 2012 het duikers die wrak en die vliegtuig se nommer afgeneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie